Mense het my al baie gevra hoe kry ek ‘n my Wit vrugtekoeke wit. Wel, die geheim is in hoe jy die alkohol aanwend om eerder die vrugte te week vooraf in ‘n wit alkolhol soos Malibu rum wat ook deurskynend is. My kennis van alkohol is baie swak maar het so deur die drankwinkel gestap en met die raad van die die bestuurder toe die Malibu rum gekoop en was my ervaring aangenaam gewees. Malibu rum het ‘n sterk klapper basis en as dit dan in gebak gebruik word verdoof dit effens en trou met die vrugte en neute se geure en van nou af gaan ek OBS los en net hou by Malibu se wit rum. Probeer gerus. Maar jy kan nie verkeerd gaan om Old Brown sjerrie te gebruik. Jy kan natuurlik ook Whisky of Brandewyn gebruik…maar ek vind dit bietjie sterk en bitter. Maar dit is persoonlike keuse.

Vrugte bereiding
300 g (2 k) sultana (wit rosyne)
150 g (1 k) rooibosbessies (cranberries) gedroog
150 g (1 k) gedroogde appelkose OF perskes
75 g (1/2 k) versuikerde sitrus skil dit ka nook met dieselfde gewig met makataan stukkies vervang word of gemmerstukkies
300 g (2 k) glans kersies, kleur jou eie keuse
250 ml (1 k) old brown sherry of om wit te hou, Malubu rum…ongelooflike geur!
200 g (2 k) pekans of amandels, heel

Plaas al die bestanddele, behalwe die neuter, in ‘n vlekvrye staal bak of glas bak. Bedek deeglik en laat asb oornag week.

Beslag
230 g (1 k) botter of bakkersmargarien 80% vet inhoud
400 g (2 k) wit suiker
5 large eiers
250 ml (1 k) melk, verhit tot onder kookpunt en afgekoel
525 g (3 3/4k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) speculaas kruie
1 t karamel geursel
½ t sout

Voor verhit oond na 150C. Smeer twee half loaf pannetjies soos vir piesangbrood of 2 x 20 cm pannetjies of 1 groot bundt pan met pansmeer uit. In hierdie resep is die pansmeer die maak of breek. NIE spray ‘n cook, die koek gaan vassit.

Room die botter en suiker saam tot baie lig en donsig. Voeg die spekulaas kruie en karamel geursel by. Klits goed deur. Voeg dan die eiers een vir een by en klits vir ‘n minuut voordat die volgende eier by gevoeg word. Hierdie stap is baie belangrik. Wees geduldig en klits op matige spoed.

Sif die droe bestanddele saam en vou dit met die melk om die beurt by in twee stappe.

Meng die neute by die koekvrugte mengsel. Vou dan die vrugte met die sous wat gevorm het weens die week, by die koekbeslag in. Skep in panne en bak vir 60-90 minute totdat die middel gaar is.

Sodra die koek uit die oond kom, smeer 1 proppie se hoeveelheid alkohol van keuse oor en laat eers goed afkoel en keer dan uit. Hierdie koek kan dan elke week ‘n skeutjie kry as jy so sou verkies. Maar die vrugte is so goed deur drenk dat dit nie nodig sal wees. Neem die koek en draai eers baie goed toe met foelie, blink kant na buite. Dan kleef plastiek, weer foelie en dan finaal geskenkpapier.

Die koek hou goed vir ‘n maand op die rak met ‘n temperatuur van 23C konstant OF dan gevries.

Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za, Basiese koekbereiding klas, 2003

Hoeveelheid: 1 Bundt koek, 2 half loafies, 2 x 20 cm koekie rond of vierkantig. Kolwyntjies 2
Ongeveer. Baktye vir kolwyntjies 30 min tot 40 min. Hou dop