Gemmerstroop is een van die heerlikste items om in die spens in voorraad te hê. Wat nog meer waardevol is van hierdie hele proses is die feit dat die gemmerstukkies wat af geskep word, gedroog kan word en in Vrugtekoek mengsels, Fruit mince pies ens gebruik word, selfs muffins se streusel soos in die BKT kookboek. Al opgewonde? Kom ons begin.

Elke jaar oes ek vars gemmer wortels so in Junie/Julie. Die wortels is vet en uitgeswel met baie water. Dit is persies wat jy nodig het. So wees kieskeurig by die winkel as jy jou gemmer aanskaf. Hoe jonger die gemmer hoe pienker kom die stukke uit veral as mens kyk na Gepekelde Chinese gemmer.

2.5 kg wit suiker
1.750 water
1 kg vars gemmer fyn gerasper (dit moet 2 koppies vol wees)
50 ml suurlemoensap
2.5 ml citric acid/sitroensuur of wynsteensuur

WEnk oor gemmer rasper
Indien jy ‘n Bamix het of enige vorm van ‘n voedsel verwerker doen soos volg. Onthou dat gemmer baie harige vesels het en dit kan erg pla. Om gemmer per hand te rasper neem ‘n ewigheid. Dus, skil met ‘n lepel deur die lepel te trek en so die skil af te haal. Sny dan die stukke in baie dun skyfies, 1mm as jy kan. Dit gaan die velsel super fyn maak en dan plaas in die verwerker van jou keuse en maal fyn. Onthou dit is baie belangrik om by 1-2mm te sny want na die tyd wil mens die gemmer droog as dit uit geskep word vir ander kos projekte.

Plaas al die bestanddele behalwe die suurlemoensap in ‘n diep genoeg kastrol en roer oor matige hitte totdat die suiker opgeloss het. Bring dan tot kookpunt en kook oor matige vinnige hitte totdat die stroop verdik het vir ongeveer 60 minute.

Was in die tussentyd glas bottels en spoel deeglik. Plaas in oond by 120C vir 20 minute en draai die hitte af tot 60C en hou die oond toe. Sodra die stroop gereed, dreineer eers die sap sodat die stukkies verwyder word. Vul dadelik die warm gesteriliseerde bottels en draai stewig toe.

Plaas die bottels op ‘n droe handdoekie en los om af te koel.Sodra goed afgekoel was die bottel en skud goed sodat damp kan oplos.

Stoor vir 2 jaar in donker koel vertrek.

Aanmaak:
Kan met water, soda water of selfs Sprite aangemaak word tot die ratio van 1 t per glas of 2-3 e per liter.

Droog van gemmerstukkies
Sprei oop op ‘n silikoon of Teflon matjie en plaas in die oond en droog met oond deur op skrefie oop en waaier aan teen 70 C vir 3 ure of tot droog. Dyhydrator selfde konsep.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 202
Hoeveelheid: 3 x 750 ml ongeveer.