Geure ongekend…neute, kaneel, sjokolade en roomlikeur…dan kan dit nie anders as om vir jou te skree bak my en spog! Dit is ʼn botterkoek met heerlike koffie stroop en afgerond met ʼn neute chantilly room!

Die basis van hierdie koek is gebou op ʼn botterkoek en verreik met dadels, neute, sjokolade en speserye. AS die koek vir ʼn dag kan staan voordat dit bedien en versier word met room, gaan die geure jou aangenaam verras!

Variasies vir Neut en Sjokolade stroop koek

1. Sjokolade geur koek: 1/4 kakao by meel in gesif
2. Geurde room kan met ‘n biejtie karamel vermeng word vir ‘n karamel room: 1/4 k karamel eers geklits en dan in gevou.
3. Kits Sjokolade Mousse is ook heerlik ipv Gegeurde room

Bestanddele lys vir Neut en Sjokolade stroop koek

  • 300 g botter of bakkersmargarien met 80% vet inhoud, kamertemperatuur
  • 300 g witsuiker
  • 5 large eiers
  • 5 ml vanielje geursel
  • ¼ k dadels fyn gekap en geweek in ¼ k kookwater en ¼ t koeksoda, afgekoel en fyn puree
  • 5 ml spekulaas kruie
  • 280 g koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • ½ ml sout
  • 300 g pekans of hazelnut of macadamia neute
  • 200 g sjokolade splinters

Metode vir Neut en Sjokolade stroop koek

Voor verhit oond na 180 C en smeer ‘n ringkoek pan met Pansmeer p.12 Boerekos met n twist kookboek. Kap die neute fyn op soos vir growwe mieliemeel.

Verroom die botter en witsuiker tot lig en donsig vir 5-8 minute. Hierdie is ‘n baie belangrike stap om ‘n sagte en veerligte basis te vorm. Voeg dan die eiers een vir een by. Klits baie goed deur vir 2 minute voordat die volgende eier bygevoeg word. Laaste klits die vanielje en dadel puree by.

Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Klits by die verrroomde mengsel en vou dan die neute en sjokolade splinters in.

Skep in voorbereide pan en bak vir 55 tot 60 minute.

Laat die koek in die pan afkoel terwyl jy die sous berei. Sodra die sous gereed is, keer die warm koek uit en gedruip per lepel op ‘n keer met die sous totdat al die sous klaar is. Bedien met styf geklopte room.

Koek stroop vir Neut en Sjokolade stroop koek

125 ml witsuiker
125 ml water
5 ml karamel geursel
5 ml koffie geursel (opsioneel)
60 ml room likeur van keuse (opsioneel, hier kan karamel geursel uit gelaat word)

  • Kook die suiker en water saam oor matige hitte totdat die suiker opgelos het. Verwyder van hitte en voeg die geusels by. Giet dadelik oor die warm uitgekeerde koek.

Chantilly room vir Neut en Sjokolade stroop koek

  • 250 ml vars room (koop by die koue melk afdeling, nie lang lewe room), rede is die smaak is net soveel beter, as jy nie anders kan, gebruik maar
  • die lang lewe.
  • 5 e versiersuiker
  • 3 e likeur van keuse of rum geursel of selfs brandewyn…
  • Klits tot styf en bedien dadelik. ʼn Heerlike wenk is om bietjie grof gekapte neute in die room in te vou!

Bron: www.annelienpienaar.co.za

Hoeveelheid: 1 ringkoekpan of, 2 standaard piesangbrood pannetjies of 2 x 20 cm koeke. Bak ook heerlike kolwyntjies. Baktyd is 30 min by 180C.