Vir die soettand ʼn heerlike bederf wat in die vorm van ʼn bederf pakkie gegee kan word. Speel met ʼn kombinasie van neute, gedroogde vrugte om jou unieke smaak te vind.

Berei ʼn 20 cm x 20 cm pan voor: uitgevoer met bakkerspapier of kleefplastiek of foelie. Onthou om weer die bakkerspapier ens te smeer met botter of kleefwerende kos sproei.

200 g tennis beskuitjies, fyn gedruk
100 g donker bakkers sjokolade

Smelt die sjokolade in die mikrogolf deur elke 15 sekondes te stop en dan te roer totdat die sjokolade glad is. Meng dan die krummels by en druk vas in ʼn gesmeerde pannetjie.
200 g mini malvalekkers
150 g pekans of enige ander neut van keuse
100 g glans kersies of gedroogde gekapte vrugte van keuse
50 g fyn klapper
350 g sjokolade, gekap en gereed om te smelt

Smelt die tweede sarsie sjokolade soos hierbo beskryf. Onthou om altyd groot sjokolade blokke baie fyn op te kap want dan smelt dit vinniger en brand kan ook so voorkom word. Terwyl die sjokolade smelt meng die res van die bestanddele saam.

Sodra die sjokolade gesmelt is meng by die malvalekkers en roer goed deur. Druk in die voorbereide pan vas en laat goed afkoel voordat dit gesny word.

Kan vir maande in die vrieskas gestoor word.

Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za, 2021
Hoeveelheid: 9 groot blokke of 18 kleiner

e