Tepache, of te wel pynappelbier. Hierdie bier word met afval stukke pynappel gemaak en die natuurlike fermentasie lewer ‘n redelike bier met skop. Geen kommersiele of brouersgis word in hierdie resep gebruik. Die natuurlike mikrobes van die vrug en die suikers lewer opsigself ‘n wonderlike bruisdrankie.

Nota:
1. Fermenteer asb niks warmer as 23C. Die bier sal binne ‘n kort tydjie baie suur word.
2. Steriliseer alle toerusting wat jy gebruik deur dit in warm sout water te kook en dan in ‘n oond by 120C vir 15 min te verhit…bottels, proppe, lepels, siffies en alles wat aan die bier raak.

1 pynappel, geskil en alle skille gekap en die helfte van die pynappel gepuree vir die bier en die ander helfte kan slaai word of nog ‘n batch mee begin word.
200 g (1 k)treacle suiker (dit MOET treacle wees) want hier het jy die onverwerkte produk se mikrobes nodig om fermentasie aan te help. Demarera en Muscavdo is te verwerk.
1 liter water, gebottel as jy nie seker is van die suiwerheid van die water. Water met hoë chloor vlakke sal die fermentasie negatief beinvloed en vertraag.
1 kaneel stokkie
3 naeltjies
2 e suurlemoensap

Plaas pynappel stukke, water, suiker, kaneel, naeltjies en suurlemoensap in ‘n glas fles. Meng sodat die suiker kan oplos. Nie al die suiker sal oplos, moenie kommer…

Bedek die opening met ‘n kombuis lappie sodat dit kan asemhaal en fermentasie kan begin, hou die lappie in plek met ‘n rekkie want die muggies gaan wil intrek. Hierdie is ‘n baie goeie teken as muggies kuier in jou kombuis want dan is daar sommer baie goeie mikrobes in jou huis en selfs om suurdeeg plantjies te kan begin sal uiters suksesvol wees.

Laat die fermentasie begin vir 24 uur. Jy sal ‘n wit skuim merk en dit moet af geskep word anders word die bier suur.

Fermenteer nog 24 uur en proe dan of dit vir jou smaaklik is. Jy kan nog so druk met die tyd tot op 36 uur, maar dan begin jy sukkel met asyn maak.

Hier is die wonderlike ding van hierdie resep. As jy dalk per ongeluk oor die tyd gaan en dit word tog suur kan jy dit dan net los om verder te versuur en dan van dit pynappel asyn te maak. Loer gerus dan na my aanlyn klas oor Fermented foods om dan verder te gaan met ‘n scoby. Tuis gemaakte asyne is uiters gesond.
Dreineer die stukkies en bottel die bier in ‘n glasbottel met ‘n prop wat dig pas en hou in die yskas vir 4 weke.

Bron: Annelien Pienaar, Fermented Foods 2003, www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 1.5 liter