Beet-Vye konfyt met ‘n knertsie Jenever (Gin)
Hierdie anderste maar ongelooflik geurige konfyt is die perfekte pasmaat vir ‘n kaasbord of ‘n broodtafel. Feestelike smake en geure wat opdoem en jou gaste se smaak kliere aan die dans kry. Heerlik ook as n marinade vir vleis geregte, kaaskoek glans lagies en vele meer.
1 kg beet, geskil en in blokkies gesny
1.5 liter (6 k) water
Kook die beet stukkies tot amper sag in die water, ‘n vuurhoutjie moet maklik deur kan steek.
1 kg vye, ongeskil, fyn gekap
125 ml suurlemoensap
2 t pektien poeier (alternatiewelik kan 2 e chia sade gebruik word: neem kennis hidreer die sade eers in die suurlemoensap vir 10 minute en voeg dan by die kokende massa as die suiker goed opgelos het.)
1.2 tot 1.5 kg witsuiker na gelang van smaak
1 ml (1/4 t) sout
125 ml Gin van keuse (loer gerus na Incendo Distillery, loer op Facebook)
1 e xanthan gum aangemaak met 100 ml water en goed deur geroer of alternatiewelik ‘n kwart koppie chia sade wat direk by die kokende massa aan die einde bygevoeg word om as verdikker te dien.
Voeg die vye en suurlemoensap by die beet en kook vir 10 minute. Meng in tussen die pektien met witsuiker en voeg by die kokende mengsel en roer goed deur en draai eers die hitte af sodat die suiker en sout tyd kan kry om te smelt. Sodra die suiker genoegsaam opgelos het, kook teen matige vinnige hitte vir ongeveer 20 minute tot konsistensie van keuse bereik is. Voeg die xanthan gum of chiasade by. Kook vir 5 min. Toets ‘n lepel vol op ‘n kouer piering en kyk na die stolsel. Kook langer indien verkies. Sodra die mengsel gereed is, voeg die Gin by en kook vir 2 minute.
Laat die mengsel vir ‘n minuut rus en bottel in warm gesteriliseerde flesse. Lees asb. die Bottel en Bere afdeling my BKT kookboek oor sterilisering van bottels vir preservering.
Hierdie konfyt hou vir 6 tot 12 maande op die spens rak. Die konfyt is so lekker dat dit nie hou.
Hoeveelheid: 4 x 375 ml houertjies
Muffin mix in a jar
Hierdie resep werk so effe anders as die normale resep want jy gaan in verskillende hoeveelhede vir kleur in die houer dieselfde bestanddeel soms 3 x moet afweeg. Volg asb die mates en instruksies sorgvuldig. Die resep lyk anders as ‘n normale resep.
1 x 750 ml bottel
Vou ‘n “cone” met papier sodat jy bestanddele deur die eie tregtertjie in die bottel kan laat afsak. So hou mens die kante van die bottel netjies en skoon sodat die lagies mooi vertoon. Sny ‘n sirkel van ongeveer ‘n groot eet bord grootte en sny dan vanaf die kant tot in die middel met ‘n skêr sodat jy die twee punte oor mekaar kan vou om ‘n tregter te vorm. Plak vas en sny ‘n gat sodat die bestanddele gemaklik kan deur gaan.
Soos ek die bestanddele hier lys word dit dus op mekaar gestapel in die bottel.
• 70 g (1/2 k) koekmeel, maak gelyk met houtlepel of stamper baie liggies.
• 3 e kakao gesif en versigtig in gesit, dit maak maklik stof en sal die kante van die glas bottel troebel maak.
• 70 g (1/2 k) koekmeel
• 50 g (1/4 k) treacle / demarera / muscavado suiker. Druk liggies vas.
• 70 g (1/2 k) koekmeel (meng hier by in: 2 e flaxsade fyn gemaal of 2 e psyllium husks indien iemand dalk eier allergies is en vervang eier in die nat bestanddele lys met hierdie). Meng ook 2 t bakpoeier, ½ t sout, 1 t kaneel, ½ t gemmer en knippie neutmuskaat by die meel).
• 50 g (1/4 k) treacle / demarera / muscavado suiker. Druk liggies vas.
• 100 g (1 k) neute meel van keuse. Druk liggies vas.
• 50 g (1/2 k) grof gekapte neute van keuse.
• 75 g (1/2 k) gemengde droë vrugte (opsioneel)
• 100-200 g (½ k tot volle koppie) sjokolade splinters om die fles vol te pak
Instruksie kaartjie wat aangeheg word:
3 maande rakleeftyd by kamertemperatuur, 6 maande in yskas of vrieskas.
Voor verhit oond na 180 C en berei ʼn 12 gat muffin pannetjie voor met pansmeer.
Plaas bestanddele in ʼn mengbak en meng deeglik deur.
250 ml (1 k) melk
100 ml sonneblom olie
1 eier
Meng die melk, olie en eier saam en giet by die meelmengsel en met ʼn deegskraper, meng vir 20 hale totdat die mengsel net by mekaar kom.
Skep in pannetjies en bak vir 25 tot 30 minute tot geset. Bedien lou warm.
Sjokolade splinters
Smelt 500 g bakkers sjokolade splinters kleur van keuse vir 15 sekondes per keer en roer. Die sjokolade moet net gesmelt wees. Sjokolade mag nooit kook of enige vog in kry. Indien jy verkies om milky bar sjokolade te gebruik kleur dit net met ʼn poeier kleursel en nie gel. Gel is vogtig en sal die sjokolade laat krummel. Meng ʼn mes punt poeier kleursel met ʼn bietjie kookolie en los vir ʼn wyle vir die kleur om te ontwikkel. Meng dan die kleursel by die sjokolade. Smeer die sjokolade oor ʼn silikoon vel of bakkers papier. Sprinkel met gekleurde sprinkels, neute, vrugte van keuse en gebruik dit om in mooi koekie pakkies te verpak, versiering vir nagereg of sommer ʼn los happie saam met ʼn koffie of tee.
Die sjokolade kan ook voor dit stol gesny word of met die hand in stukke gebreek word.
Neutebotter
1 k pekans / makadamia / amandels gepel
45 ml heuning
2 e sonneblom olie
2 knippies sout
¼ t kaneel
Rooster die neute by 180C vir 5 minute en keer uit in ʼn bak om af te koel. Plaas in voedsel verwerker soos ʼn staafmenger bv BAmix se wet ʼn dry mill (sien webtuiste vir die BAmix reeks produkte). Maal eers fyn vir 30 sekondes. Dit is hoe vinnig dit fyn maal.
Voeg die res van die bestanddele by en verwerk vir ʼn verdere minuut in ʼn heerlike smeerbare botter. Bottel en hou in yskas vir 3 maande. Haal uit om by kamertemperatuur te kom voor bediening.
Bedien saam met groente of vrugte borde, heerlik by ʼn kaasbord en volkoring brood.
Lewer 1 k se botter
Volkoringbroodjie mengsel in ʼn bottel
Hierdie broodjie kan vir maande op die rak staan en hou baie goed.
500 g koekmeel
500 g bruinbrood of volkoringmeel
30 ml chiasade of flax sade
1/2 k pampoensaad
1/2 k sonneblom saad
30 g wit suiker
10 g sout
1 x 10-14 g sakkie kits gis
1 x 1 liter bottel
Meng die koekmeel met witsuiker, sout en sade. Skep in lagies in die bottel met die bruin meel. Die meel mag nie alles in die bottel wil pas maar as jy die bottel so effe wikkel op ʼn harde oppervlak en liggies stamp sal die bestanddele kompakteer. Plaas ʼn sakkie met kitsgis bo in en skroef dig toe.
Instruksie kaartjie wat aangeheg word:
Hierdie mengsel kan vir 3 maande op die rak hou by kamertemperatuur of in die vries/yskas vir 6-12 maande. Onthou dat die verkoelde mengsel asb eers by kamertemperatuur moet kom voordat dit gemeng word. Die gis sal dood gaan as dit hitte skok sou kry. Wees versigtig.
100 ml olie
850 ml kraan water (die temperatuur wat jy sal drink as die water direk uit die kraan kom)
Keer die inhoud van die bottel uit in ʼn mengbak, open die gis en meng deeglik met die meel. Voeg die olie en water by. Met ʼn houtlepel roer die mengsel totdat dit bymekaar kom. Rus die deeg vir 30-45 minute totdat dit verdubbel het in volume.
Smeer twee piesangbrood pannetjies en voorverhit oond na 180C.
Deel die deeg op in twee brode en druk op ʼn olie besmeerde oppervlak plat en rol soos ʼn rolkoek op en plaas met die naat na onder in die pan. Laat die deeg rys vir 30 minute of totdat die deeg sy eie volume weer verdubbel het.
Bak vir 45 minute by 180C. Laat vir 5 min in pan af koel voordat ontvorm en verder verkoel.
Hoeveelheid: 2 brode
Eggnog
6 ekstra groot eiergele
½ k suiker
2 k volroom melk
2 naeltjies
Knippie kaneel
1 k dubbelslag room (Woolworths) Double thick cream
½ t neutmuskaat fyn gerasper, vars is beter
1 1/2 t vanielje ekstrak of geursel
2 e elk bourbon en ligte rum (rum geursel sal geskik wees vir kinders.
Klits eiergele met suiker tot lig en romerig vir 5 minute.
Verhit melk met kaneel en naeltjies tot onder kookpunt. Voeg ‘n bietjie van die warm melk by die veroomde eier en klits goed deur. Voeg weer ‘n bietjie melk by en roer goed deur. Hierna giet die eiermengsel in die kastrol en plaas terug oor hitte.
Oor matige hitte terwyl jy roer kook die mengsel totdat dit verdik het, die mengsel MAG NIE KOOK NIE, dit sal SKIF! Dit sal ongeveer 5 minute neem. Druk ‘n lepel in die kokende mengsel en draai om en trek ‘n streep deur die agterkant. Dit sal ‘n mooi eenvormige massa wees en nie af drup. As jy ‘n melk of suiker termometer het verhit net tot 70C. Dit is letterlik net onder kookpunt. Verwyder van hitte.
Roer die room eerste by en daarna die drank en geursels. Dreineer en verwyder die die naeltjies. Indien die naeltjie te sterk in geur is, kan dit met ster anys of cardamom peule (1 van elk) vervang word. AS die mengsel wel effe geskif het gebruik jou staafmenger en maak dit glad.
Verkoel tot yskoud en bedien met ‘n ekstra skeutjie room en sprinkel van kaneel.
Lewer ongeveer 4 porsies.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, Desember 2020
Gegeurde suiker
Die konsep vir gegeurde suikers is heel eenvoudig. Deur suiker te stoor met ‘n skerp geur bestanddeel sal dit in die suiker in trek en so die suiker geur vir gebak en drankies.
Vanielje suiker
Eerste keuse is om 1 liter suiker met 5 vanielje peule te geur. Sny die peule in die lengte oop en plaas in die suiker om te geur vir ‘n week. Moenie die peule verwyder.
Opsie twee is om vanielje geursel op ‘n lappie te sprinkel en effens te laat droog. Neem ‘n stukkie katoen lap van 10 cm by 10 cm. Doop dan in vanielje geursel of geursel van keue en laat tot amper droog, maar effe klam. Neem 1 kg suiker en vul bottel net halfpad plaas lappie in die suiker en vul op. Laat die suiker vir ‘n week geure absorbeer. Hou die lappie in die bottel.
Ek vind dat geursels met ‘n olie basis vir my beter werk want dit sal die suiker nie te klam laat word of verhard in die bottel. Kyk mooi na die voedsel etiket as jy aankoop.
Ekstrakte
Hierdie ekstrakte word soos die van ouds gebruik in alles van koeke, soet vulsels, drankies en vele meer.
1 liter Vodka, geurloos
250 g bessies of koffiebone of 20 vanielje peule
Voeg die geurmiddels in ‘n fles en bedek met vodka. Laat staan vir 3 weke tot 6 weke om te infuse. Daarna kan dit gebruik word om in gebak, souse ens gebruik te word.
Kleimasker
Benotnite klei sus ‘n vel wat gebrand het maar verfris ook ‘n vel wat blootgestel word aan omgewings faktore, grimering ens.
5 e Bentonite clay powder (Natures choice)
1 e Activated charcoal poeier
1 k oats (fyn gemaal)
Meng alles saam.
Gebruik 1 e van hierdie mengsel met 1 e water of meer om ‘n pasta aan te maak en oor hele gesig en aangetaste dele te smeer. Laat droog word en spoel af.
Essensiele olies (10 druppels of kombinasie per poeier aanmaak)
Lemon oil, Sandal wood, Clary sage, Pomegranate, Lavender, Carrot seed, Ylang-ylang, Rosemary (anti veroudering)
Clary sage, Lavender, Rosemary, Mirre, Frankensence (aknee)
Gedroogde appel, pynappel, pere, mango
Sny vrugte met mandolien in 3 tot 5 mm skywe en droog by laagste temperatuur stelling van oond. Verkieslik 50-70C vir 3 -5 ure.
Vleisrol
1 x skaaplies of rib (ontbeen)
1 k couscous
50 ml gesmelte botter
1 e groente sout uit die Boerekos met ‘n Twist kookboek
200 g spekvleis gaar
Voor verhit oond na 150 C en kry ‘n kasserol bak gereed met ‘n dig passende deksel.
Vou die vleis oop en sprinkel met die Groente sout al kante. Plaas die vleis met vel kant na onder.
Meng die gesmelte botter met couscous en spekvleis. Pak op die vleis en rol die vleis styf op. Bind die vleisrol met ‘n katoen tou vas of steek met tande stokkies vas sodat die vulsel binne kan bly.
Voor verhit ‘n giet yster pan rook warm en seel die vleis oor die hitte om te verbruin. Die doel is nie om die vleis gaar te maak, maar net bruin. Plaas die vleis in die kasserol bak en bedek. Bak vir 4 ure tot sag. Verbruin vir 15 minute onder die rooster element.
Laat vleis vir 5 minute rus voordat dit voorgesny word. Die cous-cous sal heerlik uit geswel wees en met die sappe van die vleis en groente sout gegeur wees.
Bron: www.annelienpienaar.co.za ontwikkel deur Annelien Pienaar vir Geskenke uit jou Koskas reeks produkte. 2000-2020