Tuisgemaakte mayonnaise is iets wat altyd in my huis gemaak word en die geure van die mayo word ook na gelang van die seisoen aangepas agv die beskikbaarheid van vars kruie en speserye. Raklewe in die yskas 14 dae.

2 eiergele van ‘n jumbo eier
125 ml olie
30 ml (2 e) mosterd of meer
15 ml (1 e) witsuiker of minder of geen
15 ml (1 e)  suurlemoense sap of rou appelasyn
5 ml (1 t) gedroogde dille of tiemie

Plaas al die bestandele in ‘n groot genoeg glasbotteltjie en met jou Bamix of blender stokkie meng tot glad en eenvormig.

Indien jy nie bogenoemde toerusting het nie, kan die olie eenkant gehou word en al die bestanddele met ‘n elektriese klitser gemeng word vir 5 minute en dan word die olie in ‘n baie baie dun straaltjie by geklits totdat die mengsel eenvormig en homogeen is.

Bron: Annelien Pienaar, 2003, Food Prep level 4, Unit standard: EGGS

Lewer 250 ml