Hierdie is ‘n baie vinnige en eenvoudige tert wat my pa vir ons met kampkos gemaak het en ook vir braaivleis bykos. Vinnig en maklik om te maak en spekvleis kan opsioneel wees, maar verleen geur aan die gereg. Speel met jou eie kruie en speserye kombinasies.
Wenk: hierdie tert kan in 6-8 porsies in rammekin bakkies gebak word vir ‘n heerlike voorgereg bedien met ‘n ekstra kaassous.
2 blikkies roommielies (820 g)
6 groot eiers
200 g repies spekvleis, uitgebraai en op gekap
60 ml (4 e) gesmelte botter
60 ml (4 e) koekmeel
150 g (1 k) cheddar kaas gerasper
½ t Groente sout uit die Boerekos met ‘n Twist kookboek
½ grookte paprika
Voor verhit oond na 180 C en smeer ‘n reghoekige vuurvaste glasbak met botter uit en hou eenkant.
Meng al die bestanddele saam en meng goed deur. Giet in voorbereide bak. Bak vir 35 minute of totdat die middel goed gaar is.
Bedien lou warm.
Bron: www.annelienpienaar.co.za 2020
Hoeveelheid: 8 prosies