Droë hare, kopvel wat jeuk is iets wat meeste van ons oorkom. Ek is maar eens ‘n mens vir natuurlike middels op my kop en geniet dit om ‘n masker te berei om my hare diep te voed. Al hierdie olies is by Dischem beskikbaar.

100 ml klapper olie
100 ml kaster olie
100 ml soet amandel olie
50 ml olyf olie
opsioneel maar ek vind dit is amper ‘n moet vir myself op my ouderdom: 2 e argan olie en 2 e jojoba olie
10 druppels: Keuse van essensiele olies geskik vir droë hare.
cedar wood / roosmaryn / laventel / rose geranium / peperment laasgenoemde is strelend op die kopvel as dit seer en sensitief is.

Maak seker die klapper olie is gesmelt en effens af gekoel. Voeg die res van die bestanddele by en roer goed deur.

Seel in lugdigte houer en wend ongeveer 3-4 e van die olie op droë hare aan. Sit in die son met ‘n stort kappie aan en laat goed sweet vir ‘n uur of oornag. Volgende dag was met gewone sjampoo vir 2 wasse.

Raklewe: 3 maande in ‘n ludigte houer in ‘n donker kas.

Bron: Annelien Pienaar, 2003, Kruie medisyne klas, www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 300 ml