Hallo Twister…

Die nuwe seisoen is stadig maar seker besig om te kom. Ek kan oral in die veld sien hoe die grassies begin groener word en selfs van die Witstinkhout  bome op die plaas begin te bot. Hiermee saam woeker ons hard in die groente tuine hier op die plaas sodat almal wat hier woon vars groente elke dag geniet. Ons is baie bevoorreg om nog sulke groot stukke aarde te hê om te kan omdolwe vir eie voorsiening. Hiermee saam het ek dit goed gedink om ‘n video te doen oor bewaring en verwerking van groente en ook ander produkte vir die vrieskas. My vrieskas is reg deur die jaar gevul met groente, vrugte en vleis vanaf die plaas. Ek is genooi as spreker vir die VLU kongres wat eersdaags afskop. Ek sal die spesefieke datums aan julle stuur sodra die kongres begin. Ek sal ook na afloop van hierdie sessie vir julle ‘n video op Youtube laai oor hierdie onderwerp en nota’s in PDF aan julle verskaf en dit sal as gratis beskikbaar wees.

Dan oor na al die nuwe produkte wat ek vir die winkeltjie beplan. Die Bamix is seker die hoof item waarna al die lesers uitsien. Graag gee ek my opinie en ook opvatting van wat ek sien as ‘n goeie opsie tov veelsydigheid in die kombuis. Ek gaan ook vir julle net vinnig die pryse hier noem en dan sal ek aan die einde van die brief ‘n epos adres wat net vir bamix geskep is gee. Die Bamix gaan nie op die webtuiste verkoop word, dit sal direk by my per epos gedoen word. Alle parte van die Bamix en toebehore kan ook aangeskaf word en dienste of herstelwerk van ouer toerusting kan ook gereel word en direkte skakeling met Bamix SA. Onthou Bamix se lemme kom standaard ek kan gemaklik tussen toestelle van die onderstaande kategorië gebruik word. Dus geen beperking. Ek beplan ook ‘n volledige video reeks oor die toestel en gebruike van elke lem en die sliceSy.

In die reeks vir die hand blender stokke het ons:

  1. Classic is ‘n 160 watt motor en kom in 4 kleure nl: rooi, swart, antrasiet en wit. Dit het die drie basiese lemme en dit is dit.
    My prys R2 600. (R2800 winkels)
  2. Mono is ‘n 160 watt motor en kom in 2 kleure silwer en wit. Drie lemme en ‘n wall mount.
    My prys R2 950. (R3 200 winkels)
  3. BBQ 200 watt motor en kom net in 1 kleur en dit is swart. Limited edition. Ek persoonlik sal gaan vir hierdie opsie omdat ek die BBQ vergelyk het met die Swissline reeks wat ook ‘n 200 watt motors is. 
    BBQ sluit in: 3 basiese lemme, ekstra vleis lem (nie by Swissline), resepte boek, nat en droog meule, poeier plaatjie vir meule (nie by swissline), mayo bekertjie met deksel, 400 ml beker met deksel, wall mount, voorskoot (nie by swissline) en is R400 goedkoper!
    My prys R4 250 winkels R4799.  
  4. Swissline 200 watt motor: kleure: silwer, rooi, swart, lemmetjie, pienk, room, mint, wit, aubergine. Basiese 3 lemme, voetstuk, resepteboek, nat en droog meule, mayo bekertjie met deksel, 1 liter beker met deksel.
    My prys: R4 650. Winkel prys R5299.
  5. Gastro 350 watt is die groot meneer vir grootmaat kombuise met ‘n dubbele langer skag as al die Bamix stokke. Werk potte tot en met 30 liter. Kom met die drie basiese lemme, wall mount.
    My prys R4 999. Winkel prys R6000.
  6. SliceSy: die klein voedselverwerker met lem en dan 3 raspers en 2 slicers. Baie effektief en ek het self vir my een aangeskaf en rasper wonderlik. My prys R2100 (winkel prys R2300).
  7. Aparte meule R599
  8. Lemme R250

Vir meer inligting en foto’s van die produkte epos my asb by bamixprodukte@gmail.com.

Groete

Annelien