Eierlose koek met ‘n sagte en klam kors wat goed rys. My gesin geniet hierdie koek sonder om te weet ek het die eier vervag. Loer na die nota vir die Sjokolade weergawe.

210 g (1 ½ k) Koekmeel
250 ml (1 k) Vanilla yoghurt of Bulgarian of Greek style.
150 g (¾ k) Witsuiker
2.5 ml (½ t) Koeksoda
7.5 ml (1 ¼ t) Bakpoeier
125 ml (½ k) Olie
5 ml (1 t) Vanielje ekstrak
45 ml (3 e) fyn gemaalde flax sade met 50 ml water aangemaak en vir 5 min laat staan (vervanging van eier)

Nota: vir sjokoladekoek weergawe maak ¼ k kakao met ½ k kookwater aan meng om klonte uit te kry en roer by die joghurt en klits tot glad.

Metode:
1. Voor verhit oond na 180℃ en smeer ‘n 23 cm-25 cm koek pannetjie.
2. Klop die yogurt om klonte uit te kry en voeg die suiker en flax mengsel by.
3. Voeg dan die bakpoeier en koeksoda by…moenie skrik nie dit gaan skuim…die suur in die yoghurt aktiveer die 2 rysmiddels.
4. Voeg die olie en vanielje by en meng weer goed.
5. Sif die koekmeel in drie dele by en vou na elke byvoeging met ‘n draadklitser in.
6. Stamp effens om borreltjies uit te kry en bak by 180℃ vir 30-35minute.
7. Laat afkoel voordat uit pan verwyder word.

Bron: www.annelienpienaar.co.za Glute allergie seminaar deur APienaarFoodConsultant 2015

Hoeveelheid: 1 x vanielje of sjokolade koek