Een groot nadeel van hierdie nagereg is: mens kan nie genoeg van dit kry! Dit is egter baie belangrik om hierdie nagereg warm te bedien sodra dit uit die oond kom. Om jou beplanning dus reg te kry kan jy hierdie nagereggies vooraf maak en bedek met kleef plastiek en net voor bediening bak. Dusk an die deeg staan vir ongeveer 6 ure voor jy dit bak, gegewe die vertrek is koel en die bakkies bedek. Anders hou die bakkies bedek in die yskas. Laat dit by kamertemperatuur kom vir ‘n uur en bak dan dadelik.

50 g botter
350 g donker sjokolade (jy kan wit ook gebruik)
150 g strooi suiker
3 jumbo of 4 groot eiers
Knippie kremetart of ½ t suurlemoensap
1 t vanielje geursel of rum geursel is ook heerlik
50 g koekmeel

Voor verhit oond na 180 C. Smeer 6 ramekin bakkies met pansmeer of kos sproei.

Neem bakkerspapier en sny 6 sirkeltjies so groot soos die basis van die ramekin bakkie. Plaas in die gesmeerde ramekin. Hou eenkant.

Smelt die sjokolade in die mikrogolf oond vir 15 sekondes, stop, meng, en hou so aan met die 15 sekonde metode totdat die sjokolade gesmelt is. Laat effens afkoel.

Room die botter en suiker saam vir 3 minute tot lig en donsig van kleure. Voeg die eiers een vir een by en klits eers baie goed deur voordat die volgende eier by gevoeg word. Klits die vanielje en kremetart by. Rier die gesmelte sjokolade by.

Roer die meel by en meng goed deur tot glad. Verdeel die beslag tussen die 6 bakkies en plaas die ramekins op ‘n bakplaat en sit in die oond.

Bak vir 12-15 minute en keer dadelik die bakkies om sodat die lawa koekies maklik kan uit glip. Bedien dadelik!!!

Chantilly room
1k vars room (nie lang lewe room nie)
2 e versiersuiker
1 t vanielje geursel

Meng alles saam en klits tot stywepunt stadium en bedien op die kant vir die gaste om self te skep.

Bron: www.annelienpienaar.co.za 2009 

Hoeveelheid: 6 x 250 ml ramekins