Hierdie heerlike dekadente Peppermint crisp kaaskoek met sy sjokolade lae is net die perfekte bederf vir jou gaste.
Sjokolade Switserse Rolkoek
Variasie
Sjokolade rol
Vervang 50 ml van die koekmeel met kakao en maak die kakao met 25 ml warm water aan.
Swart sterk koffie kan ook gebruik word saam met kakao.
120 g koekmeel
1 tl bakpoeier
knippie sout
4 eiers
1 el suurlemoensap
160 g strooisuiker – plus ekstra vir sprinkel
Metode
1. Voorverhit oond tot 200 ˚C.
2. Smeer ‘n bakplaat van 260 x 380 mm goed. Maak seker dat die pan korrek is, te klein pan sal die koek te dik laat uit kom en dan ook ‘n kraak veroorsaak tydens op rol.
3. Sif koekmeel, sout en bakpoeier saam.
4. Klits eiers tot lig en skuimerig en klits dan suurlemoensap by.
5. Voeg die suiker geleidelik by en klits baie goed sodat die suiker kan oplos, die mengsel moet liggeel en donsig wees.
6. Vou een helfte van die meelmengsel in deur dit eers oor die eiermengsel te sif. Herhaal met die ander helfte.
7. Gooi die beslag in die voorbereide bakplaat en bak vir 10 – 12 minute.
8. Laat goed afkoel en hou in die vrieskas tot benodig, hou bedek.
Peppermint crisp kaaskoek vulsel
1 t Gelatien gesprinkel oor 50 ml water en vir 5 minute gelos
500 ml Vars room – nie die lang lewe soort nie (ek gebruik geen kunsmatige room)
2 blikkies Karamel treat
4 Pepperment crisps – gerasper (of 1 groot slab pepperment crisp) of 1 groot Aero mint
250 g roomkaas
1 sjokolade Switserse rolkoek
Neem 1 k room en verhit tot onder kookpunt en voeg die gelatien wat hidreer het by die room, roer tot opgelos. Hou die ander 250 ml room in die yskas. Koel af en sit vir 10 minute in die yskas. Voeg die res van die room by en klits tot styf. Indien nie wil styf klits, verkoel net weer vir 10 minute. Onthou as jy te lank klits gaan jy botter maak!
Meng nou die karamel treat en roomkaas by die room asook ¾ van die sjokolade.
Pak van lae:
Voer 2 piesangbrood panne met kleefplastiek uit. Ek vind deur die panne met bietjie botter uit te vee help die kleefplastiek om mooi plat te plak. Neem die rol koek en rol dit effens plat met ‘n koekroller. Kyk mooi op die foto, die koek is halpad dunner gerol anders kry mens nie die mooi lagies. Plaas nou die broopanne op die rolkoek en sny eers 2 basisse. Skuif die basisse en plaas op die rolkoek weer maar sny nou die lagie met 1 cm meer sodat dit ‘n piramide kan vorm…kyk na jou broodpan, kan jy sien die kante loop van smal na breed tot bo? Die koek lagies moet dan ook so gesny word. Kyk hoeveel jy kan uit kry.
Pak dan die eerste lagie wat jy gesny het onder in die panne. Skep vulsel in beide panne, maar net so 1 cm diep en maak glad. Hou so aan totdat al die koek en die beslag klaar is.
Verkoel oornag en om te ontvorm…vries vir 2 ure, keer op mooi koekbord uit. Sit terug in yskas totdat jy dit gaan gebruik.
Sprinkel die oorblywende sjokolade bo oor en bedien.
Bron: www.annelienpienaar.co.za 2020 deur Annelien Pienaar
Porsies 12
Die resepte is so wonderlik wens ek kan alles sommer elke dag maak. Baie dankie vie die harde werk en al die lesse wat ek kan leer. Ek leer ongelooflik baie. Ek spog maar min maar ek waardeer elke liewe resep.
Daleen,
Dankie vir die positiewe terugvoering! Mag jy jou subskripsie sommer baie geniet.
Groete Annelien Pienaar