Om self soet room mielies te maak is nie moeilik nie. Veral vir diegene wat oorsee woon is dit altyd ‘n geskukkel om “Creamed Sweet corn” in die hande te kry. Hier is ‘n maklike manier en is vrieskas vriendelik.
1 kg mielie pitte gaar en van die stronk gesny of bevrore en ontdooi
60 ml (4 e) mielieblom (Maizena)
100 g (1/2 k) witsuiker
2 1/2 k water
½ t sout
Maak die mielieblom aan met ʼn halwe koppie water uit die resep en hou eenkant.
Plaas die res van die bestanddele in ʼn kastrol en verhit oor matige hitte en roer aanhoudend totdat die inhoud kookpunt bereik. Voeg die mielieblom water by en kook tot verdik.
Verwyder van hitte en maak die mengsel fyn met ʼn “stick blender” of ʼn voedselverwerker na die fyn heid wat jy verkies. Verdeel in porsies en laat goed afkoel en bevries. Ontdooi by kamertemperatuur en gebruik soos nodig.
Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za 2020-04-13
Hoeveelheid: 1.3 liter se opbrengs verdeel in 410 g porsies om in my gebak resepte te gebruik soos in my Boerekos met ʼn Twist kookboek uit een gesit vir die Room mielie en spinasie tert.
Annelien kan ek die geroomde suiker mielies bottel?
Ek geniet elke resep dankie!
Jy kan dit doen Evon. Plaas in gesteriliseerde glas flesse en plaas in kastrol met warm water en kook dan vir 20 minute. Los in die warm water om af te koel en skud die bottel sommer baie goed voor jy dit weg sit. Dit behoort dan so 6 maande op die rak te hou.
Hi Annelien,
Jy sê hier dit behoort so 6 mde te hou op die rak , maar hier onder sê jy 12 maande??
En kan ek dit vries?
As ek 1 blikkie sweetcorn wil vervang kan ek 250g mielies gebruik en 1/4 vd die resep ?
Dankie en groetes!
Retha, 12 mde gevries. DAn ja jy kan kwart gebruik.
Jy kan dit bottel deur dit dan in ‘n gewone pot met warm water te plaas met water tot onder die nekkies. Sit ‘n lappie onder in kastrol dat bottels nie bars en maak seker die bottels pas dig teen mekaar. Bring tot kookpunt, maar nie woes kook nie, net sagte medium hitte. Sodra dit kook, kook vir 15 min. Sit plaat af en los die bottels om af te koel in die water. Stoor vir 12 maande. Groete Annelien.