As jy nou die dag behoorlik soet wil wees en nie die skaal dophou, is dit die een nagereg of tert wat jy as dekandent en voorteflik kan beskou. Die basis word met tennisbeskuitjies gemaak en die res is amper geskiedenis. Bedien met ‘n skeppie room wat met rum geursel of room likeur gegeur is en jy maak die tert iets onvergeetlik.
Kors
200g Tennis beskuitjies, fyn gemaak (gemmerkoekies, crunchies sal ook werk)
50g Botter, gesmelt
1. Meng die bestanddele met mekaar en druk in ‘n tertbak met ‘n deursnit van ongeveer 23cm. Laat staan eenkant.
Vulsel
150g Sjokolade, fyn gekap
180g Botter, kamer temperatuur in blokkies
350g Sagte bruinsuiker (treacle sugar)
100g Koekmeel
5 ml Vanielje geursel
6 Eiers, geklits
1. Smelt die sjokolade en botter in ‘n dubbelkoker. Onthou as jy ‘n dubbelkoker gebruik om seker te maak die water kook by lae hitte, nie ‘n woeste geborrel nie. Die water moet ook nie die bodem van die dubbelkoker raak nie, ek verkies om alles in ‘n glasbak te doen wat ‘n stadige geleier van hitte is. Sodra die mengsel gesmelt en ‘n egalige konsistensie bereik het, laat die bak eenkant staan terwyl jy die res van die bestanddele voorberei.
2. Klits die suiker, koekmeel, vanielje en eiers in ‘n aparte bak, sodat dit ‘n egalige mengsel kan word vir ongeveer 5 minute.
3. Meng nou die sjokolade mengsel by die eiermengsel en werk goed deur met ‘n ballon klitser.
4. Skep die mengsel in die koekie basis en bak vir 50 minute by 180℃ of totdat die vulsel goed gestol het. Laat die tert baie goed afkoel en verkoel vir ‘n uur in die yskas. Smelt ektra sjokolade en giet oor die tert. Voor die sjokolade set, sny vinnig in wiggies en laat hard word. Bedien met ekstra room op die kant.
Bron: Annelien Pienaar, 2016, www.annelienpienaar.co.za
Porsies: 8-12