Lees asb. hiedie stukkie oor Suiwel en allergieë. Ek wil vinnig vir julle verduidelik hoe ʼn voedsel allergie werk. Een van my lesers het ʼn ander amper van die wal in die sloot gehelp met ʼn antwoord. Maak seker van jou feite voordat jy raad gee. Suiwel! Hoekom is mens allergies vir winkel melk en nie vir rou, vars melk nie?

Volgens wetgewing (dit word in my bedryf van Suiwel bitter goed toegepas), mag daar GEEN additiewe tot melk gevoeg word. Daar is sertifikate in plek en elke week word groot maatskappye soos Clover, Parmalat en vele meer, wat groot volumes melk verwerk geoudit. Die inspekteur kan enige dag opdaag en toetse doen tov higiëne en of prosesse en protokol gevolg word. Dit maak ook nie saak, die inspekteur kan ook toetse doen in die winkels (spot checks). So, hoe dit ook al is, die ouens kan nie dit waag om te oortree met almal wat oor hul skouers loer. Daar is wel in verwerkte melk produkte soos joghurt, maaskaas, roomkaas preserveermiddels. Daar mag ook NIE preserveermiddels in harde kaas wees. Hoekom kan daar nie in harde kaas preserveermiddels wees? Want kaas bevat lewende organismes naamlik bakterieë (lacto bacilli ens) en dit is die outjies wat oor ʼn periode van maande tot jare die kaas laat verouder en smaak ontwikkel. Het jy al kaas gekoop dan proe dit soos rubber? Daardie stuk kaas is te vroeg in die mark gesit. Jy kan die kaas dig toe maak en self verouder in jou yskas. So as harde kase sou preserveermiddels in kry sal dit die bakterie dood en die kaas nie kan verouder en smaaklik word. Kaas is geel want ʼn NATUURLIKE middel genaamd Annato word gebruik om dit geel te maak. Die Engelse het met hul Colby’s en Cheddars die kleur middel gebruik om hul kaas van die ander lande sin te onderskei.

Goed, nou by melk. Melk werk soos harde kaas tov preserveermiddels. Daar mag nie preserveermiddels wees. So hoe dan nou? Hoe werk lang lewe melk dan? Kom ons begin by die begin. Die koei word gemelk. Die melk gaan dan na ʼn hou-tenk, dan word die melk gepasteuriseer (hier is die eerste kopseer tov allergieë). Pasteuriseer is die proses om die melk veilig te maak en skoon te kry van bakterie wat moontlik bederf of siektes kan veroorsaak. Dus word die melk om veilig verklaar te word tot 65C verhit en onmiddellik verkoel tot 4C. Kom ons kyk dan na die prosesse…

Pasteurisasie:

UHT lang lewe melk: Ultra hoë temperatuur skok. Basies word die melk steriel gemaak want dit word met elektrodes geskok tot bo 140C plus minus en dan dadelik af gekoel na 4C. Hier kom die eerste probleem in. Die melksuikers (hierdie melk proe soos kondensmelk) het gekarameliseer weens die verskriklike hitte en die proteine (kasein en wei) het ook strukturele verandering ondergaan…dus gekook…gaar. Jou DNA is van so ʼn aard dat jou liggaam weet hy moet sekere ensieme afskei om “melk” te kan prosesseer. Maar verwerkte melk gaan ʼn probleem wees want dit is ʼn vreemde voorwerp wat die liggaam binne gaan. Jou leukosiete (witbloedselle) kom agter hokaai….hier is ʼn vreemde voorwerp en ek moet van dit ontslae raak ek moet begin soldate maak sodat dit kan veg…..en daar begin jou reis stelselmatig met ‘n allergie wat ontwikkel. Dan kry jy ʼn vel uitslag, kinders het loop neuse, ʼn borsie wat altyd hoes, oor pyn en vele meer. UHT is die verkeerdste melk onder die son om te gebruik vir elke dag. Ja, vir kamp is dit wonderlik of as jy toer!

Daar is ook die normale Pasteurisasie soos die melk wat jy in die plastiek bottels koop…hulle is minder sleg vir mens maar soms oor pasteuriseer die mense die melk ek het nog steeds hier ‘n probleem agv homogenisasie wat die volgende sonde bok is.

Homogenisasie

Hierdie is NIE ʼn veilig maak prosedure van melk nie. Dit handel oor hoe die vet in die melk versprei word. Hoe? Onthou dat in die ou dae het die volroom melk wanneer dit staan, ʼn room lagie gevorm? Iemand het dit goed gedink om die vet in die melk weg te steek want dit lyk nie mooi as dit so ʼn laag maak.

Kom ons kyk na die proses. Sodra die melk uit die hou-tenk klaar gepasteuriseer is (en of anders om, sommige boere ruil die proses vir pasteurisasie en homogenisasie om, niks fout met dit, hang af van die sisteem wat hy in gesit het). So, die melk word met ʼn sentrifugale stelsel deur ʼn pyp gestuur en in die pyp is daar ʼn reeks siffies. In die begin is die siffie se gaatjie groot en soos die melk deur die pyp forseer word teen hoë druk, word die siffies se gaatjies kleiner. Die vetdeeltjies word letterlik kleiner gemaak deur die proses en op die einde bly die vet druppels in suspensie en wil nie weer aan mekaar vas klou nie. So volroom melk in die winkel het nie ‘n lagie room want die vet globles is eweredig versprei in die melk. Hier is waar nog ʼn probleem vir jou verterings probleme en allergie vandaan kom. Die vette het reeds oksideer. Weereens word hierdie dan deel van die kettingreaksie van allergie wat opbou.

Rou melk
Hierdie is melk wat direk uit die koei kom. Die melk kan tuis gepasteuriseer word deur dit te verhit na 65C oor ‘n periode van 30 minute oor lae hitte. Dit is NIE die kook van die melk nie. Dan plaas die kastrol in koue water en roer om gou af te koel. Alle goeie bakteriee wat oorleef tussen 120 C en 65C is juis die outjies wat ons nodig het om nie ‘n allergiese reaksie te veroorsaak. Jou liggaam sal in hierdie geval die regte ensieme af skei vir die verterings prosesse. MAAR daar is gevalle wat mense wel allergies is en moet getoets word. Ek woon op ‘n plaas met weiding en rou melk is oral in die kontrei beskikbaar. So, ons leef so vars en ongeprosesseerd as moontlik en my kinders se allergiee is op ‘n einde. Jy kan tuis net die proses van uitskakeling doen en vir ‘n week die winkel melk sny. Kyk dan na jou kind of jouself se gesondheid. So begin mens sif sonder duur mediese en traumatiese toetse.

Dit is waarom ek Suiwel produksie kursusse aanbied! Loer op my webtuiste vir die Kaas maak klasse.

Kennis is mag!

Groete

Annelien Pienaar

www.annelienpienaar.co.za