Goeie môre Twister,

Die week was vol nuwe dinge en die heerlike Low Carb en Keto broodjie is die perfekte ding om ons te help met die koolhidrate te sny. Ek het groot planne en hou volgende week se klas datums dop. Ek gaan ‘n werkswinkel vir Keto en Low Carb doen. Ek sal na afloop van daardie klas ook ‘n beter idee kry van wat jul behoeftes is en dan ‘n aanlyn klas ook saam stel. Die klas sal ten doel he om die konsepte van Intermittent fasting en die low carb / keto te kombineer. Ek sien regtig baie uit om hierdie pad met julle te stap. Na 2 jaar se intensiewe ondersoeke en met dit werk het ek ‘n goue lyntjie gekry wat ek dink mense nie van weet. Hoop om julle in een van die klasse te sien.

Die Nuutste virtuele aanlyn klas is beskikbaar! Daar is ‘n 10 % koepon vir julle om van gebruik te maak. Ek gaan volgende week by hierdie klas nog ‘n video plaas oor koekies vir Valentyn’s! Hou die spasie dop vir diegene wat reeds die klas aangeskaf het.

BKT groete

Annelien