Klein dogtertjies se droom jellie om te maak en vir almal wat saam werk om hierdie te maak is dit een groot fees. Jy kan selfs ‘n eiland met dietjies van die see in die glas in bou.
1 liter water
4 e gelatien
250 ml suiker
Voedsel kleursel van keuse
Kook die water met suiker en skakel af. Sprinkel die gelatien oor en roer tot opgelos. Laat afkoel tot kamer temperatuur.
Begin met die lagies.
200 g marie koekies met ‘n meule baie baie fyn gemaal sodat dit soos stof lyk
15 ml mielieblom
15 ml kakao
Verdeel die fyn gemaalde koekies in drie dele. Meng die mielieblom met een deel en dan apart die ander deel kakao. Nou het jy drie kleure om die grond te maak. Neem ‘n 500 ml koekdrank glas en begin deur dit skuins te hou en sprinkel dan die lagies stof soos jy verkies. Met die laaste lagie stof smelt bietjie botter by en druk dan in die glas vas sodat die sand in plek bly as die jellie oor gesit word. Verkoel die glas vir ‘n uur.
1 blik karamel kondensmelk
Spuit die helfte van die kondensmelk in die glas en maak gelyk en verkoel weer vir ‘n uur.
Kleur dan die water na jou keuse en giet in die glas. Verkoel tot geset. Spuit weer karamel kondensmelk oor en laat die kinders help om mooi te tooi.
Vir die sjokolade versiersel wat veronderstel is om soos ‘n koraal rif te lyk het ek wit sjokolade gesmelt en toe poeier kleurse geneem en eers met olie gemeng sodat die sjokolade nie skif…olie by olie. Gel sal probleme gee. Die sjoloade gekleur en op n silikoon vel gesmeer en laat afkoel. Jy kan ook versiersels op die sjokolade druk voordat dit stol.
Geniet!
Bron: www.annelienpienaar.co.za 2020
Maak 2 x 500 ml glase