
Photo by: Annelien Pienaar Food Consultant (www.annelienpienaar.co.za)
Hierdie broodjie is effens goedkoper om te maak as die gluten vrye lae GI brode wat amandel meel in kry. Dit is heerlik klam en kan ‘n variasie van ekstra bestanddele by kry soos kaas, spek, kaings, spriet uie ens. Dit is ‘n klein “half loaf”, piesangbroodjie grootte broodjie en stel dus voor om die variasie bestanddele nie meer as ‘n koppie te maak.
Alle bestanddele wat gebruik is vir hierdie resep is by Dischem se gesondheids voedsel rak gekoop.
75 g klapper meel
60 g flax sade (koop heel en maak self fyn om die omega’s te ontsluit)
3 ekstra groot eiers
3 ekstra groot eier witte (vries die eiergele of maak ommelet of mayonnaise)
4 e olfy olie of klapper olie
10 ml bakpoeier
150 ml water
2.5 ml sout
Voorverhit oond na 180C en smeer ‘n klein pannetjie 17 cm x 7 cm x 10 cm hoog.
Plaas eiers in mengbak en klop tot lig en romerig. Klits die flax sade en klapper meel by tot goed gemeng en dan die res van die bestanddele.
Skep in pannetjie en bak vir 45 minute.
Nota: ek bak hierdie ook in kolwyntjie pannetjies om soos ‘n bun te maak vir die kinders se kosblikke. Jy sal ‘n standaard 12 gat muffin pan gebruik en dan vir 25-30 min bak.
Vir ‘n plaat brood amper soos foccacia: gebruik ‘n oond pan en bak dan 35 min.
Bron: Annelien Pienaar www.annelienpienaar.co.za vir studente gesonde kos 2018
Hoeveelheid: 1 half loaf, 12 plat broodjies of 6 muffins, 1 plaat brood