Ek het vir die gluten allergië die reseppie in hakkies by die bestanddele lys aangepas. Ek het die gluten vrye een gemaak en die smaak is nogsteeds perfek en dit bak sonder enige probleme.

RESEP
250 ml Blomkool, fyn gemaak, sag gekook, dreineer goed
250 ml Broccoli, fyn gemaak, sag gekook, dreineer goed
2 Eiers, groot
30 ml Olyfolie of gewoone olie of gesmelte botter
30 ml Maaskaas (gewone yoghurt of karringmelk kan vervang word)
2.5 ml Paprika (gerook gee ‘n ongelooflike smaak)
2.5 ml Knoffel vlokkies (opsioneel)
Sout en peper na smaak
30 ml Koekmeel (vervang met chickpea flour vir allergië)
30 ml Nuttywheat (vervang met amandelmeel vir allergië)
5 ml Bakpoeier
2.5 ml Koeksoda
1 k Cheddar kaas

METODE
1. Meng die eiers, olyfolie, maaskaas, paprika, sout, peper, koekmeel, nuttywheat, bakpoeier en koeksoda saam.

2. Meng die blomkool mengsel met die meelmengsel en roer baie goed deur.

3. Skep lepels vol op ‘n vooraf verhitte en gesmeerde wafel pan en bak totdat gaar.

4. Sodra al die wafels gebak is kan jy twee metodes volg om die broodjies te maak. As jou tyd min is kan jy die broodjie met die kaas vulsel op mekaar in die oond of mikrogolf oond smelt. As jy tyd het plaas die toebroodjie terug in die warm wafelpan en smelt dan so die kaas.

5. Bedien met groen slaai.

BRON: Annelien Pienaar, 2016, www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 6 sirekels, 3 toebroodjies