So maklik soos 1,2,3 word hierdie koek aan mekaar geslaan en vele van jou gaste gaan groot komplimente gee!

Vir hierdie resep gaan jy die Grieks gebakte kaaskoek resep gebruik, klik asb net op die rooi skakel. Voeg 1 ekstra koppie room by hierdie beslag. Verder benodig jy enige vrug van keuse, vir die foto het ek 2 blikkies, 410 g perske halwes gebruik en een blikkie se sous by die beslag in gemeng. 

Druk die kors in ‘n pyrex bak van ongeveer 20 x 30 cm en skep eers die beslag in die bak. Druk die vrugte oral in die beslag in. Bak vir 35 minute by 180C.

Maak dan n karamel sous uit die BKT kookboek aan p.189 en bedien op die kant vir elke gas om self oor te giet.

Maklik was nog nooit moeilik!