Geskiedenis van die kaaskoek
Die Grieke was die stamvaders van kaaskoek soos ons dit vandag sou ken. Dit is opgeteken dat die oorsprong van die kaaskoek was vanaf die dorpie Samos, 2000 vC.
Die eerste opgetekende resep deur Athenueus 230 nC die oudste en enigste document is. Die hoof bestanddele was en is tot vandag toe nog, kaas, koring meel en versoeter. Die koek het aanvanklik eers net kaas, melk en koekmeel bevat, die kaas is dan met ‘n koekroller plat geslaan en dan geweek in die melk vir 3 ure. Daarna word dit met die koekmeel gesmelt en dan net so, afgekoel, in die pan bedien. Die tweede metode wat vandag meer algemeen gebruik word, nogsteeds kaas, melk en koekmeel maar eiers word bygevoeg. Hulle het dan die kaaskoek onder kleistene gebak en warm of koud bedien. Die versoeters wat by beide tegnieke gebuik was, was heuning. Kan my net voorstel hoe hemels daardie kaaskoek was.
Later het die kaaskoek nog verder ontwikkel met die seevaart ondekkers en mense wat van Europa af na veral Amerika verhuis het. Mense het altyd gedink die Amerikaners het die kaaskoek begin. Hulle het die tegniek verfyn om vir ons die gestolde gelatien soort te gee. Hulle het geen harde kase gebruik en meer roomkaas gebruik. Hulle is vreeslik trots op hul kaaskoek en elkeen het ‘n naam soos dit van streek na streek gaan. Die New York styl bevat roomkaas, vrugte en sjokolade. Die Chicago styl bevat suurroom, die Philadelphia styl is baie romerig en lig as gevolg van die Philadelphia kaas, St Louis het ‘n natterige botterkoek basis en bo kant met die kaaskoek geset tussen in, dus hou jy van gebak of van gestol? Die Italianers se styl is om ficotta by te voeg, Grieke voeg mizithra of feta by, die Duitsers voeg maaskaas by en die Japanese mielieblom en eierwit..
Volgens my het die Kaaskoek duisende jare se toetse deurstaan en ons kan net dankie sê aan die Grieke vir die aanteken en ontwikkelling van die wonderlikste koek en nagereg.
Bron: Die geskiedenis van Boerekos. H.W Claassens was die begin punt van my navorsing.
Kors Pâte Sucrée
200 g Koekmeel
100 g Koue botter
100 g Strooisuiker
4 Eiergele
¼ t Sout
½ t Vanielje geursel
Metode
1. Sif die koekmeel, strooisuiker en sout saam, maak ‘n holte in die middel.
2. Rasper koue botter in die koekmeel in en vryf die botter met vinger punte in totdat dit soos brood krummels lyk of kroek soos ek en sit dit in die voedsel verwerker.
3. Voeg die eiers by en druk aan mekaar, knie liggies en laat rus vir 30 minute.
4. Rol die deeg dun uit en voer ‘n vooraf gespuite ringkoekpan met losbodem, uit.
Kaaskoek Vulsel
4 Eiers – geskei by kamertemperatuur
200 g Suiker
500 g Roomkaas – by kamertemperatuur
500 g Suurroom – by kamertemperatuur
20 g Mielieblom
2 t Vanielje geursel
2 t Gerasperde suurlemoenskil – dit is ‘n moet!
1 e Suurlemoensap
Metode
1. Jy gaan 1 x 23 cm ringkoekpan met ‘n los bedem nodig hê. Voorverhit oond na 200 ˚C.
2. Klits die eiergele in ‘n bak tot glad en egalig. Klits die suiker geleidelik by totdat die mengsel lig geel en romerig is, so 5 minute op hoog sal werk.
3. Klits dan die roomkaas bietjie vir bietjie by… maak seker dat die mengsel goed geklits is voor die volgende by gesit word. Doen dieselfde met die suurroom.
4. Laaste voeg die res van die bestanddele by.
5. Klits die eierwitte tot stywe punt stadium (moenie die eierwitte oor klits nie, wit los vlokke is nie reg, die koek sal uitermate krimp en baie erg bars) en vou versigtig in die mengsel in.
6. Voeg die eiermengsel in die vooraf bereide pan en die mengsel moet gelyk met die kors wees.
7. Bak vir 60 minute by 160 ˚C in pan met water, water bad word berei met ‘n diep oondpan en plaas dan die kaaskoek in die pan. Vul hierdie pan met kokende ketel water sodat die kaaskoekpan met drie vingers bedek word. Onthou die mengsel gaan effens rys, sodra dit uit die oond kom lyk dit of dit in die middel plat val maar dit moet so lyk. As daar krakies is, dit is reg so!
8. Laat die koek eers heeltemal afkoel en plaas dan in yskas vir 4 – 6 ure voordat dit uit die pan gehaal word.
Lewer: 1 Kaaskoek van 23 cm in deursnit.
Bron: www.annelienpienaar.co.za 1998
Foto: Akkedis Viljoen. 2015 vir Boerekos met ‘n Twist! Jy is ‘n bobaas fotograaf en kok!
Baie dankie. Gaan probeer. Geskiedenisdeel was baie interessant. Dankie vir al julle moeite.
Geniet en goed gaan. Groete Annelien
Can anyone translate this recipe into English? Thank you <3
Hallo Brandy, as soon as I have finished filming a cooking show I will translate for you. Please remind me by next week monday. Kind regards Annelien Pienaar.
Hallo Annelien, ek het room wat suur geword het in my yskas en wil dit graag gebruik vir die kaaskoek. Sal dit geskik wees?
Hallo Annemart, dit sal perfek werk. Groete Annelien
Hallo Annelien, as ek grootmaat wil aanmaak kan ek van die roomkaas met maaskaas vervang? Bv as ek die resep x 3 maak. Dankie
Mariette,
As jy die maaskaas wil doen moet jy weet jy gaan ‘n baie meer loperige beslag he en jy sal moet begin aan die resep verander omdat roomkaas meer soliedes bevat. Jy sal op eiers dalk moet verminder ens. Ek sal dit dus nie voorskryf om ‘n perfekte resep soos hierdie so aan te pas nie. Jy kan helfte helfte met die room en maaskaas gaan, jy kan met drie maal, geen probleem.
Groete
Annelien Pienaar