Daar is niks so lekker soos geurige vleis en om jou eie in vryf soute te maak is maklik en vinnig. Ek maak genoeg sodat daar altyd voorraad in my koskas gereed staan.
10 e gerookte Spaanse paprika, of eninge gerookte paprika poeier
10 e koljander fyn gemaal
10 e grof gemaalde swart peper
15 e mosterd poeier
10 e treacle suiker (sagte bruinsuiker)
2 e rooipeper (cayenne)
2 t borrie (turmeric)
Meng alles saam. Stoor in ʼn lugdigte houer vir 2 maande.
Om te gebruik: neem 5 e van die mengsel en meng met ʼn halwe koppie olyf olie en vryf oor vleis. Laat oornag of niks korter as ʼn uur marineer. Geniet!