Ek kan so goed onthou hoe my pa ons knieë en elmboë as kinders met hierdie mengsel van my ma ingevryf het. Soms het dit soos ʼn kool vuur gebrand, maar pa het geskrop! Na die tyd as ons gaan bad het, was ons velle sy sag. Tot vandag gebruik ek hierdie basis resep en bederf menige vriendin met so ʼn pakkie. Moet nooit sitrus gebruik in hierdie mengsel of enige ander vel middels, wat as rome gebruik word. Jou vel sal in die son baie sleg brand.
½ k wit suiker
½ k treacle suiker
10 druppels Jojoba essensiële olie (laventel, roosmaryn is ook goeie opsies want dit het antiseptiese werking as daar barsies op die vel mag wees.
½ k olyf olie
Meng hierdie bestanddele saam en skep in glas potjie wat lugdig sluit en stoor vir 6 maande.
Neem 1 e van hierdie mengsel en vryf en skuur die hande met dit. Los vir so 5 minute aan die hande en spoel met lou water af. Moenie met seep af was, droog hande dan af. Die hande sal nie taai voel, maar heerlik sag.
Hoeveelheid: 300 g
Handeroom
Hierdie room is heerlik lig op die vel en nie olierig. Die vel absorbeer die voedsame olies en droog nie uit. Die wonder van beide resepte is die feit dat dit sonder enige preserveermiddels gemaak word.
½ k klapper botter (coconut butter/ klapper olie wat hard is by kamertemperatuur is ook perfek)
¼ k shea botter (Dischem hou die rou een aan)
100 ml soet amandel olie (Sweet almond carrier oil, ook Dischem)
100 ml olyf olie
10 druppels van jou gunsteling essensiële olie (sandal wood, rose geranium, laventel, mirre, ylang-ylang
Plaas klapper botter of klapper olie plus shea botter in dubbel koker en smelt eers vooraf. Meng dan die res van die bestaddele by en giet dadelik in houer.
Wend aan soos benodig vir droë vel.
Bestanddele beskikbaar by: Dischem en ook Heavenly Dew wat landwyd koerier
Bron: Annelien Pienaar, 2019, www.annelienpnaar.co.za
Hoeveelheid: 600 ml
Wow! Baie dankie vir hierdie, die winter is so erg op mens se vel.
Maryna, dink net watter wonderlike kers persentjies kan hierdie maak. Groete Annelien
Goeie naand. Ek het Maandag aangesluit as lid vir een jaar. Ek het n EFT gedoen onder verwysing #153514. Wil net bevestig of die betaling ontvang is en na watter e-pos adres die bewys van betaling gestuur kan word.
Dankie vir jou Awesome kursus wat ek verlede Saterdag kon bywoon!
Groete
Louis van Zyl
Hallo Louis, was heerlik om julle te ontmoet en welkom by die BKT familie! Jou bewys kan jy stuur na boerekostwist@gmail.com. Groete en lekker bak, Annelien
Dankie , so ek neem aan hierdie kan ook as ‘n skuursel vir die hakke gebruik word ?
Janie, dit sal perfek werk. Groete Annelien
Hi, Annelien,
Waar sal ek kyk vir die klapper botter?
Baie dankie vir al jou moeite met die wonderlike resepte.
Groete,
Elani
Elani, Jy sal dit by Dischem vind. Groete Annelien
Baie dankie ❤️
Annelien, sal hierdie heerlike room ook veilig wees om as ‘paw and snout butter” op my bull terrier te gebruik? Dankie. Adri
Hi Annelien.
Wil graag weet, meng ek net al die bestandele vir die room of smelt ek beide die Shea en klapper olie? Klits mens dit dan?
Dit sal nie skade doen nie, maar verdun dit ook met die helfte minder essensiele olies.
Nicolene, jy smelt alles saam, en koel dan eers geleidelik af en roer dan weer sodat alles eenvormig kan wees ander skei die olies. Dus moet die produk effe verdik en weer geroer word. Groete Annelien
Annelien kan ek die handeroom ook aan my gesig smeer?
Susan, as jy nie ‘n sensitiewe vel het sal hierdie wonderlik werk.