Kleintyd se lekkerkry koekies hierdie. Soveel herinneringe van my ma en my sussies op die plaas. Die rou deeg was vir my ‘n ongelooflike versoeking en hande vol het gereeld verdwyn in ons pienk voorskote wat ma gemaak het. Nou dat ek ouer is gril ek by hierdie gedagte van rou eier, maar eet NOG steeds die rou deeg ten spyt.
230 g sagte botter of bakkers margarien met ‘n 80% vet inhoud
350 g witsuiker
1 ekstra groot eier
180 ml maple stroop
600 g koekmeel
15 ml bakpeoier
10 ml koeksoda
1 t kaneel
1 t karamel geursel
Knippie sout
1 k witsuiker ekstra vir doop van koekies
Voor verhit oond na 180C en smeer bakplate met pansmeer of voer met silikoonvelle uit.
Verroom die botter en witsuiker saam tot lig geel en donsig vir 5 minute op hoë spoed. Voeg die eier by en klits goed deur. Voeg dan die stroop by en klits weer goed deur.
Met ‘n houtlepel meng die res van die bestanddele by, behalwe die ekstra witsuiker.
Druk dan die deeg liggies aan mekaar en laat rus vir ‘n wyle in die yskas indien dit warm en pap is. Vorm dan balletjies met 2 x 15ml balletjies in ‘n balletjie gerol. Doop die balletjie in die witsuiker en plaas met die suiker kant na bo op die plaat. Moenie die koekie plat druk nie, dit sal self plat gaan.
Bak vir 15 minute by 180C en haal dadelik van die plaat en laat goed afkoel. AS jy ‘n harde krakerige koekie wil verkry bak vir 15 min. As jy ‘n taai koekie wil he…bak net 12 minute. Indien jy koekies wat hard is weer wil sag kry, plaas ‘n gesnyde appel in ‘n bakkie in die koekie blik vir ‘n uur en dan word die koekie sag…soos by die see.
Geniet en kom spog op Boerekos met n Twist die groep op Facebook.
Bron: Annelien Pienaar, 2019, www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 50 x 30 ml koekies
Gebruik jy egte esdoringstroop of die stroop wat gegeur is met esdoring?
Ek gebruik Esdoring van Illovo