Die oorsprong van hierdie resep is onduidelik en meer en meer wil dit vir my voorkom dat daar ‘n Suid-Afrikaanse vinger in die pastei gevind kan word. Hoe dit ook al sy, dit is verseker ‘n heerlike sous om as byvoeging tot burgers en vele meer gevoeg te word of as marinade. Daar is ander weergawes van hierdie sous ook genoem “rooi sous” weens al die tamatie sous en –puree in die resep.
2 uie fyn gekap, nie gerasper
30 ml sonneblom olie
250 ml water
¼ k bruinsuiker
500 g tamaties, blansjeer, fyn puree gemaak
60 ml tamatie puree
120 ml blatjang
60 ml balsamiese asyn
60 ml woestersous of soja sous
30 ml vars knoffel, fyn gedruk
Sout en peper na smaak
Braai die uie tot glansend envog verdamp het in ‘n vlak pannetjie met sonneblom olie.
Voeg by die uie mengsel: water, bruin suiker, tamaties, tamatie puree, blatjang, balsamiese asyn, woestersous en kook totdat die mengsel verdik het. Om die kooktyd te verminder moenie dink jy gaan die plaat warmer stel, neem eerder ‘n groter bodem kastrol waarvan die verdampings oppervlakte groter is. Die grootte van die oppervlakte bepaal die verdampings tempo. Die sous moet regtig dik wees en nie waterig.
Voeg die res van die bestanddele by, knoffel en sout na smaak…kook 3 min en bottel warm en laat goed afkoel voordat dit in die yskas gestoor word vir 4 weke.
Bron: Annelien Pienaar, 2019, www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 2 x 375 ml botteltjies