Die geur van kaneel en appel is altyd n heerlike kombinasie. Wanneer ek kerrie bredies bedien is daar altyd so ‘n potjie op my tafel. Appels is heel jaar beskikbaar en hierdie resep word met bestanddele wat in jou gewone inkopie lys inval gemaak. Dus, niks luukse of snaakse items en jy kan soos dit jou pas vinnig inspring en maak. Hierdie resep verdubbel met gemak om groter volume appel blatjang te maak.
5 Vit C tablette
2 kg appels
500 g uie, fyn gekap
2 seldery stingels, fyn gesnipper
3 e sonneblom olie
600 g wit suiker
250 g rosyntjies
750 ml wit druiwe asyn of wit wyn asyn
2 e mielieblom aangemaak met ‘n bietjie van die asyn
¼ t kaneel
¼ t gemmer
¼ t neutmuskaat
¼ t kerrie poeier
¼ t borrie (indien verkies kan dit uit gelaat word)
1 e piekel speserye
½ t tot 1 t sout na smaak
Neem 5 liter water waarin 5 vit C tablette fyn gemaak is om verbruining van appels te voorkom, meng goed deur en begin om die appels te skil en die klokhuis te verwyder. Sny die appel so fyn of grof na gelang van keuse. Plaas die stukkies in die vit C water.
Braai die uie en seldery saam. Sodra die uie glansend is meng die mielieblom met ‘n bietjie asyn en hou eenkant. Meng die res van die bestanddele by en kook totdat die appel sag is en begin dik word. Dit neem ongeveer 30 minute by matige hitte sonder die deksel.
Sodra die mengsel dikker word voeg die mielieblom by en kook vir 5 minute en bottel in warm gesteriliseerde bottels.
Bron: Annelien Pienaar, 2019, Preserverings klas, www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: ongeveer 5 x 375 ml bottels.