My kinders maak self hierdie sous wanneer maters kom kuier en hierdie resep is ook mikrogolf vriendelik. Jy kan enige kleur en soort smelt- of bakkers sjokolade gebruik. Vir iets prettig kan wit sjokolade in ń verskeidenheid kleure gekleur word met koek kleursel!

200 g smelt sjokolade, fyn gekap (kan wees milkybar, karamel sjokolade, bruin of donker sjokolade van keuse)

50 ml klapper / coconut olie

Plaas al die bestanddele in ‘n glas bakkie en draai 15 sekondes en roer. Hou so aan totdat sjokolade gesmelt is. Meng deeglik en stoor in 250ml glas bottel in koskas vir 3 maande.