5 Wenke maklike wenke om Krakeringe, Smul lekker, Versuikerde Karamel Pekans te maak

  • Gebruik ‘n teflon matjie.
  • Maak kleiner hoeveelhede en vries nadat die pekans afgekoel het in lugdigte sakkies in houers in die vrieskas.
  • Speel met speserye smake soos speculaat kruie en ander soet speserye
  • Oorskiet bevrore eierwitte werk perfek vir hierdie resep.
  • Oulike manier ook vir ekstra inkomste en sakgeld vir die jongspan.

Vandat ek kan onthou eet ons hierdie heerlike Krakeringe, Smul lekker, Versuikerde Karamel Pekans. Moeder het vir ons as ‘n lekker snoep happie vir sport, hierdie resep gemaak. Dit was vir ons daardie ekstra energie met die nodige protein by. Deesdae is dit ‘n groot bederf vir my gesin want ek is maar suinig om te maak want sodra dit uit die oond kom, word die pan boom skraap leeg geëet.

Bestanddele vir Krakeringe, Smul lekker, Versuikerde Karamel Pekans

  • 100 g (1/2 k) witsuiker
  • 100 g (1/2 k) treacle sugar
  • 2 t kaneel
  • 4 k pekan halwes
  • 1 ekstra groot eierwit, geklits met 1e water

Metode vir Krakeringe, Smul lekker, Versuikerde Karamel Pekans

  • Voorverhit oond na 120 C, berei ‘n 40 x 30 cm b
  • akplaat voor met ‘n silikoon bakkersvel Silikoon bakkersvel of bakpapier wat goed met pansmeer voorberei is. Hierdie is ‘n kritiese aspek met die
  • maak van hierdie neute. Die silikoon velle voorkom dat die caramel wat vorm tydens die bakproses vas sit. Papier is geneig om vas te sit aan die stroop wat hard word.
  • Meng die wit-, treacle suiker en kaneel saam.
  • Klits die eierwit en water liggies met ‘n draadklitser tot dit begin skuimerig word in ‘n groot mengbak. Voeg die neute by en skud die bak sodat al die neute bedek word met die eierwit. Onthou die eierwit is die “gom” vir die suiker en kaneel om ‘n lagie te vorm rondom die neut en vas te klou.
  • Sodra die neute met die eiermengsel bedek is, voeg die neute by die suiker en hier is dit krities om die bak te skud en nie te roer nie. As jy roer met ‘n lepel skraap jy die lagie af. Dus skud die bak deur dit met beide hande vas te hou en die inhoud met kort ruk beweging vorentoe te skud en terug te pluk…Sodra jy sien dat die neute bedek is, keer op Silikoon bakkersvel uit. Krap die neute los van mekaar sodat dit nie aan bo-op mekaar lê want dit gaan so bly vasklou en nie los kom nadat dit gebak is.
  • Bak vir 30 minute by 120 C.

Bron: Annelien Pienaar, 2018
Hoeveelheid: 500 g ongeveer