Suid-Afrika is ʼn nasie wat lief is vir hul kommetjie gat! Ons het gewoond geraak aan die sakkie mengsel vir ʼn Cappuccino maar dit is vol vette gelaai om dit ekstra romerig te maak. Met hierdie resep het ek baie moeite gedoen om te verseker dat daar geen verromers gebruik word. Loer by die langlewe rak waar die melk en kondensmelk verkoop word…jy sal ʼn verskeidenheid handelsmerke kry. Ek koop die goedkoopste moontlik, want melkpoeier is ʼn duur item. Ek gaan nog ʼn stappie verder en leer jou hoe om skuim te maak met gewone melk. Onthou ʼn Cappuccino word gemaak met ʼn Espresso basis wat dan baie melk by kry. Kom ons begin.

NUUT! Lus vir ‘n Mocaccino?
Maak die volle resep soos hier onder gesien en meng dan ‘n volle Warm melk sjokolade aanmaaksel by hierdie resep soos gesien in die Boerekos met ‘n Twist kookboek. Jy kan self ook speel met hoeveel koffie jy wil proe en dan dalk minder of meer van die Warm melk sjokolade drankie poeier byvoeg. 

1.5-2 kg melkpoeier Nespary(lae vet of gewoon is geskik) Krities, maak seker die poeiermelk wat jy kies word met kook water aangemaak…as jy die ene neem wat met koue water aangemaak word gaan jy klein klontjies in die kookwater kry! 200 g verromer van keuse soos EllisBrown opsioneel
900 g strooisuiker
200g (1 vol bottel plus 100g ekstra vir diegene wat van sterker koffie hou anders sal net 1 botter genoeg wees.) Nestle se Espresso poeier of -Crema of enige kits fyn koffie poeier, nie korrels.

Sif die bestanddele 3 keer saam…dit is regtig krities dat die bestanddele saam gesif word sodat dit eweredig versprei.

Gebruik dan 1 e of 3 t van die mengsel op 1 k kookwater. Versoet na smaak indien jy die suikervrye opsie oorweeg. Nota: Indien dit jou oorkom dat jy die koue water aanmaak melkpoeier gekoop het…moet jy dan net die mengsel wat jy aanmaak voor jy warm water byvoeg, met ‘n bietjie koue water aanmaak…jy sal wel jou cuppacino kry. Laktose vrye opsie: Rysmelk poeier werk perfek! vervang in dieselfde hoeveelhede.

Maak van skuim
Net gou die beginsel van skuim maak verduidelik. Indien melk verhit word, verdamp daar vog en die proteine konsentreer, sodra die melk warm word sal dit skuim lewer. Dus indien jy ʼn mikrogolf sal gebruik, neem ʼn glasbak en kook 1 ½ k melk vir 2 minute en neem ʼn klitser (ek het nog een wat jy met die hand draai). Klits totdat daar ʼn stabiele skuim vorm…indien die skuim se borreltjies maklik bars…kook die melk net weer. Indien jy soos ek nie ʼn mikrogolf gebruik, kook eenvoudig net die melk in ʼn klein kastrolletjie sodat die klitser redelik bedek word met melk om te verseker jy kry ʼn goeie stabiele skuim. NB: Die melk moet kook in mikro vir 30 sekondes en op stoof vir 1 min.

Geniet jou koffie en kom spog op FB!

Bron: Annelien Pienaar, 2018