Jy word met hierdie resep beloon met ‘n ongelooflike geurige broodjie wat keer op keer komplimente uit lok. Ek het bietjie in my ouma se boeke rond gekrap en op ‘n resep af gekom wat ek graag met julle wil deel. Ek het so paar praktiese aanpassings gemaak en glo jy sal die hele proses sommer baie geniet. Kom ons bak!

Spons
500 g steen gemaalde koekmeel (Eureka Mills)
650 g water
5 g kits gis
1 e heuning of bruinsuiker

Meng alles saam tot ‘n loperige beslag. Laat oornag staan bedek en toe gemaak in die winter maande met kombers om goed te fermenteer. 12 ure minimum.

Finale deeg
500 g steen gemaalde koekmeel
5 g kits gis
10 ml sout

Sif die finale deeg se bestanddele saam en voeg by die spons en knie die deeg tot glad. Laat die deeg dan verdubbel in volume vir ongeveer 60 minute.

Verdeel die deeg in 2 ewe groot stukke deeg. Weeg indien jy baie akkuraat wil wees. Strek die deeg in ‘n reghoek en vou dan in derdes oor mekaar. Plaas dan met naat na onder in gesmeerde pan. Laat dubbel die volume rys vir ongeveer 30-40 minute.

Bak in vooraf verhitte oond van 180 C vir 60 minute.

Bron: Annelien Pienaar, 2018
Hoeveelheid: 2 groot brode