BKT Klets-Kombuis: 6 Julie 2018

BKT Klets-Kombuis: 6 Julie 2018

Hallo Twisters,

Dit was weer ‘n besige week hier op die plaas en die Pekan bestellings loop goed. Ons dop vir die bestellings vars van 2018 se oes seisoen. Ons werk hard en die gradering neem tyd om die gebreekte neute te sorteer en niks verlore te laat gaan…wel, mens sy fyn motoriese vaardighede word getoets…nie eens te praat van die oë! Skeerpoort Pekans

VAndag het ons gepraat oor die hantering, skil en sny van uie. My raad wat ek aanbied is om die uie te halveer, en die buite laag te verwyder en dadelik in koue water te dompel. Die brandende sap los in die spoel water op. Het jy al ooit gewonder hoekom brand ‘n ui jou oë? In die natuur is dit die ui familie se manier om die aanvaller se sintue te irriteer. Daardie selle wat soveel moeilikheid maak sit aan die onder kant waar die worteltjies vassit, net onder die skil. As jy dit afsny en dan die ui dadelik in water spoel, sal die sap weg gespoel word wat die irritasie veroorsaak. Probeer gerus….eenvoudig en maklik. Spoel ook jou mes met elke sny.

Oor twee weke skop my werk weer af na ‘n lang herstel wat soos ‘n ewigheid gevoel het…6 weke op die krukkelys was nodig en my kop weer reg vir hordes nuwe klasse wat ek beplan. Wat voer ek in die mou? Daar is ‘n hele klas / demo vir allerlei nageregte en lekkers met meringues: pavlova, macarons, skuimpies, Italiaanse meringue, nougat en malvalekkers. Dan is daar ‘n klas vir Marinades, gegeurde soute en “rubs” vir vleis en so ekstra by hierdie klas oor vleis kwaliteit en probleem van taai vleis aanspreek…dan vir Oktober is dit gefermenteerde groentes soos egte Sauerkraut met oulike flessies spesefiek vir hierdie doel. Koekbak en versiering kry ook aandag. Die gereelde klasse soos Kaasmakery en Suurdeeg is en bly nog die gewildste en sal elke maand herhaal. Nuwe klasse sal DV volgende week in die Nuusbrief tot en met Oktober gelaai wees. Dan toer ek deur SA en sal dit ook vir julle onder die Klasse laai. Hoop om ‘n paar Twisters te ontmoet. Ek werk tans aan ‘n nuwe e-kookboek en sal later die jaar meer daaroor uitbrei…as dit goed ontvang word (gaan Tweetalig wees), sal dit gedruk word. Dus het ek baie planne, min geld, baie moed en veg gees om elke sent tien maal om te draai…en weet die Vader dra my!

Verder loer gerus op die Winkel deel van die tuiste vir items wat ek elke dag gebruik om my kombuis suksesse te verseker. Al hierdie produkte is ook op die Boerekos met ‘n Twist TV reeks gebruik. Winkel

Baie dankie dat jy vir hierdie Nuusbrief ingeteken het. Die Nuusbrief sal verseker tot en met Julie volgende jaar elke week klokslag om 21h00 Vrydagaande uit gestuur word. Omdat ons meer as 20 000 intekenare het sal die laaste eposse teen sondag aand afgelewer word.

Onthou om te volg op Boerekos met ‘n Twist die Facebook groep en elke dag ook daar in te loer vir nuwe idees, navrae en saam kuier.

BKT groete

Annelien

2018-07-07T20:46:29+00:0010 Comments

10 Comments

  1. Berdien July 7, 2018 at 8:00 am - Reply

    Baie dankie. Dink dit is erg vir jou om 6 weke te moes rus. Maar pas jouself mooi op. Sal graag die nageteg en koek bak klas wil byweoon. Mooi dag. Baie dankue dat jy al jou kennis met ons deel.

    • Annelien July 7, 2018 at 7:21 pm - Reply

      Hallo Berdien. Baie dankie vir die mooi briefie en mag jy sommer heerlik Twist. Groente Annelien Penaar

  2. Veronica Kruger July 7, 2018 at 9:16 am - Reply

    Baie dankie altyd iets interresant om te lees en die wenke is fantasties.

    • Annelien July 7, 2018 at 7:21 pm - Reply

      Geniet elke Twist en dankie vir die saam kuier. Groete Annelien

  3. Ricky Gouws July 7, 2018 at 5:22 pm - Reply

    Baie danke vir hierdie prop vol nuusbrief ek sien so uit daarna om jou lekkergoed klas by te woon wat ek definitief wil doen.
    Groete
    Ricky

    • Annelien July 7, 2018 at 7:20 pm - Reply

      Baie dankie en hoop jy Twist heerlik voort. Groete Annelien

  4. Winfred Badenhorst July 8, 2018 at 5:11 am - Reply

    Baie dankie. Kan jy asb vir my die kontak besonderhede deur gee vir bestelling van Pekan neutered die pryse. Ek Sal dit waardeer ek ver moed ek het dit gemis met al Ons kragonderbrekings en nie beskikbaarheid van die wifi nie.

  5. Mattie Joubert July 8, 2018 at 8:21 pm - Reply

    Dankie

  6. Esther Reynolds July 9, 2018 at 2:00 pm - Reply

    Ja nee kan sien daar is baie nuwe planne.Bly jy het n ruskansie gehad om weer die batterye te laai.Geniet die laaste twee weke van jou aftydjie.Mooi wense vir al joumplanne.Jy is n vrou duisend!

Leave A Comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.