Wafels met Sjokoladesous

Wafels met Sjokoladesous

420 g (3 k) koekmeel
30 ml (2 e) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
30 ml (2 e) suiker
625 ml (2½ k) melk
4 groot eiers, geskei
80 ml (⅓ k) sonneblomolie
2,5 ml (½ t) kremetart

Sif die koekmeel, bakpoeier, sout en suiker saam. Klits die melk, eiergele en olie saam. Voeg die melkmengsel by die gesifte meel en meng tot ’n gladde beslag.

Klits die eierwitte en kremetart saam tot stywepuntstadium. Vou dit dan by die beslag in en laat rus vir 30 minute.

Voorverhit die wafelpan. Skep ongeveer ’n halwe soplepel beslag op die warm wafelpan en sprei dit liggies uit met die agterkant van die lepel. Druk die pan toe en bak tot mooi bruin en die wafel self loskom van die yster.

Sjokoladesous
150 g (¾ k) witsuiker
90 g (¾ k) kakao
190 ml (¾ k) water
170 g (¾ k) botter
260 g (¾ k) gouestroop
190 ml (¾ k) room

Meng al die bestanddele, behalwe die room. Mikrogolf die mengsel vir 3½ minute by vol krag; roer elke minuut met ’n ballonklitser. Kook daarna vir 5 minute. Laat effens afkoel en roer die room by. Sit warm of koud voor.

2018-06-26T13:43:32+00:003 Comments

3 Comments

  1. aquavan1 June 30, 2018 at 8:44 am - Reply

    Die lekkerste wafels ooit! Die sjokolade sous die beste!

  2. Ina Cloete July 7, 2018 at 1:26 am - Reply

    Wonderful recipes

    • Annelien July 7, 2018 at 7:22 pm - Reply

      Thank you for Twisting with me and hope that you will enjoy all the recipes. Kind regards Annelien

Leave A Comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.