Blomkool Basis Pizza met Tamatiesous basis

Blomkool Basis Pizza met Tamatiesous basis

Glutenvrye opsies is soms noodsaaklik vir ‘n verskeidenheid van gesondheidsredes. Hierdie is nie ‘n moeilike resep nie. Die motivering is om eie tamatiebasisse te maak om te bottel en dan op die rak gereed te hê as jy dit nodig kry…wonderlikste van alles is, dit is preserveermiddel vry. Verder kan die pizza basis gevries word vir latere gebruik. Kom ons begin

Tamatiesous
2 e olyf olie
1 ui fyn gekap
3 seldery stingels, gekap
1 t fyn komyn
1 t sout
200 ml asyn
5 tamaties blansjeer, fyn gekap
50 ml witsuiker
1 t mielieblom plus 50 ml asyn ekstra vir aanmaak

Braai uie en seldery in olyfolie tot glansend. Voed die komyn by en braai nog ‘n minuut. Voeg die asyn en sout by en roer goed deur. Voeg tamaties en wit suiker by en kook vir 10 minute tot sag.

Meng die mielieblom en asyn, voeg by die kokende tamaties en roer aanhoudend terwyl die mengsel vir 5 minute op matige hitte verdik. Bottel in gesteriliseerde warm bottel. Raklewe 12 maande.

Gebruik vir Pizza basis, pasta, pap en sous ens.

Gemarineerde varkvleis
250 g varkboud in blokkies gesny
2-3 e olyfolie
1 e dill tippies
1 e gerookte paprika

Giet olie oor die varkvleis blokkies en voeg die dill en paprika by. Meng deeglik en laat marineer vir 1 uur of oornag. Geure oornag penetreer net beter en vleis is smaakliker.

Braai die vark blokkies soos volg: Voor verhit ‘n pan tot rook warm. Braai klein hopies vleis met ‘n bietjie olyf olie op ‘n keer. Sodoende word vleis sappe geseel en die vleis is net meer sappiger. Te veel vleis sal die hitte van die pan beinvloed en vleis sappe sal onder in pan vorm.

Hou gaar vleis eenkant terwyl pizza basis berei word.

Pizza Basis
1 e botter
3 eiers, geklits
50 ml room (kan met melk vervang word)
Knippie sout
1 k blomkool blommetjies fyn gekap

Voor verhit pan tot rook warm. Meng al die bestanddele saam behalwe die botter. Sodra pan warm is plaas botter in die pan, kantel die pan sodat die oppervlakte bedek word. Giet dan die mengsel in die warm pan. Roer braai die mengsel tot amper geset. Laat dan om verder te bak vir 2 min.

Keer die basis uit op ‘n bakplaat en begin om met bestanddele van keuse te versier.

Pizza vulsel
4 e tamatiesous
Avokadopeer gesny
Sampioen gekap
Uie ringe
Kersie tamaties
Soetrissie
Gaar vark blokkies
Stukkies spek, rou
½ k mozzarella kaas
Basillie kruid

Voor verhit oond na 230 ℃.

Smeer pizza basis met tamatiesous wat jy gemaak het. Pak groente bestanddele uit en volg met vleis. Rond af met mozzarella en basillie kruid.

Bak vir 8-10 minute.

Bedien warm.

Porsie: 2

Bron: Annelien Pienaar, vir Boerekos met ‘n Twist TV reeks met VIA, kanaal 147 en Netwerk24, Jaargang 2018, Seisoen 1,  Ep1

2018-04-13T18:32:10+00:00 0 Comments

Leave A Comment