Met baie min moeite kan hierdie heerlike soutkoekie in die voedselverwerker berei word en selfs die uitrol proses is vir jou makliker gemaak. Ek bedien hierdie koekie altyd saam met ‘n ligte wit wyn of bier, wanneer daar met gaste gebraai en onthaal word. Die beskuitjies vertoon mooi want dit kan met ‘n verskeidenheid van kruie en speserye afgerond word. Hiermee saam word daar smere en patee’s bedien. As variasie kan jy 1/4 k fyn biltong byvoeg.
225 g koekmeel
2.5 ml bakpoeier
½ t sout
15 ml gerookte paprika (Cape Herb & Spice)
75 g koue botter of bakkersmargarien
45 ml dill tippies gedroog (Cape Herb & Spice) of Tiemie Thyme
125 ml grof gerasperde cheddar kaas of 100 ml parmassaan of 50 ml gorgonzola kaas (laas genoemde gee skerper smaak aan koekie) Du skies een van die drie soorte kase
2 jumbo eiergele
45 ml – 60 ml melk
Voedselverwerker
Voor verhit oond na 200 ℃ en smeer 2 x 45 cm x 60 cm bakplate met Pan smeer.
Sif koekmeel, bakpoeier, sout en paprika saam. Plaas dan die bestanddele in voedselverwerker. Voeg die botter by en met die lem werk die meel totdat die botter ingewerk is en die mengsel soos growwe mieliemeel lyk.
Voeg die res van die bestanddele by en draai die lem weer sodat die vog deeglik deur gewerk word. Keer die mengsel uit en knie liggies om een bol te vorm. Druk plat en verkoel vir 30 minute. Onthou die geheim is om so koud as moontlik te werk.
Wenk: Rol die deeg tussen twee velle bak- of waspapier. Deur op hierdie manier die deeg uit te rol gebruik jy nie ekstra koekmeel en die deeg kan weer uit gerol word sonder dat dit te droog word. Rol ongeveer 3 mm dik uit en druk vormpies van keuse of sny in driehoekies. Jy kan dan ook ekstra kaas hier sprinkel vir ekstra pof en kraak in jou deeg en oor mekaar vou in drie lae en weer rol. Ander slaan die stappie oor. 1 k kaas ekstra is perfek
Plaas vormpies op bakplaat en smeer met ‘n mengsel van 1 eiergeel met 50 ml melk gemeng. Sprinkel met sade en kruie soos verkies.
Bak vir 10 minute en laat afkoel op draadrakkie.
Stoor in lugdigte houers in die vrieskas vir 6 maande.
Bedieningsvoorstel: Ouma Hantie se knoffel roomsous p.24 van die Boerekos met ‘n Twist kookboek of die Biltong patee p.31
Bron: Annelien Pienaar, 2018, Boerekos met ‘n Twist resepte
Hoeveelheid: Ongeveer 60 x 5 cm koekies