BKT Klets-kombuis

BKT Klets-kombuis

Photographer Hanneri de Wet

Hallo Twisters. Hierdie was vir my ‘n uitdagende week met die hordes navrae wat instroom. Tyd om alles fisies te toets het ek nie en glo my die lysie van werk wil ook nie korter raak. Ek werk hard om dus op te vang. Baie dankie vir diegene wat wel self die soek opsie op die webtuiste begin gebruik. Dit help my en Sandra sommer baie sodat ons nie onnodig ons data gebruik om soektogte namens julle te doen.

Ek wil ook baie dankie sê vir julle volgehoue ondersteuning en positiewe terugvoer rakende al die BKT resepte, die nuwe kookboek en al die ander kook projekte waarmee ek besig is. Ek sit nou hier op die Vaaldam en uitkyk met rooikop wat staan en vissies vang vir die nasionale span. Hy is toegewyd en oefen hard om by die SA’s uit te kom. Baie goed soos Saterdae se rugby opoffer en ook tyd met sy ouers. Toewyding neem mens se lewe soms oor. Daarom dat ek ook besluit het met die toewyding t.o.v. BKT se hulp en diens om mense te beperk met navrae op die BKT Faceboek blad. Rede, ek kom nie eens by my eie dingetjies uit. As ek nie nou gaan begin briek aandraai, gaan ek myself langs die pad verloor. Ek help graag maar tans is die ledetal so baie, dat dit begin voel na werk en ek kommer oor die feit dat ek nie genoeg ure het om julle te help. So, werk saam en een resep navraag per week.

Verder sien ek uit na ’n heerlike rustige naweek met my gesin en mag julle ok sielsrus vind en die naweek goed uitrus.

BKT groete Annelien

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-10-20T12:58:16+00:00 0 Comments

Leave A Comment