Vanuit die BKT Klets-kombuis is daar soveel om te vertel en die tyd te min! Die BKT reis na die Kaap het tans goed verloop. Besoeke aan klein dorpies gedoen en alle hoof roetes vermy. Sommige dorpies is goed versorg en skilderagtig mooi en dan kry jy plekke wat absoluut aan verval is. Die mooiste ou kerke wat beter dae gesien het en stads saals wat besig is om te verwelk. Ons het ‘’n mooi land, ’n land met vele landskappe en kulture van sy eie. Ek is dankbaar vir die feit dat my gesin hierdie keer saam met my kan reis en die mooi kan beleef.

 

Vir hierdie week se nuusbrief is daar vinnige en maklike padkos happies vir julle ingesluit. Die Klapper-Karringmelk beskuit resep is vinnig, goedkoop en maklik om te maak. Hierdie resep kan aangepas word indien jy nie hou van klapper nie. Daar is die ou Rice Krispie koekie van toeka se dae wat enige Jan Rap en sy maat aan mekaar kan slaan en ook nie ‘’n arm en been kos nie. Dus, geniet jul naweek en lekker bak.

 

BKT groete

 

Annelien