Kyk as jy nou soet wil wees tot agter jou ore dan is die versiersel van koffiekoekies heel verslawend as jy so plak. Een plak en een lek en een plak en een lek, amper soos brei!

500 g (2 k plus 3 e) botter
200 g (1 k) witsuiker
25 ml (5 t) kitskoffie korrels
50 ml kookwater
5 ml koeksoda
5 ml bakpoeier
1 kg (7 k plus 2 e) koekmeel, gesif
2.5 ml sout
200 g goue stroop
2 groot eiers
5 ml Vanielje geursel

Klits die botter en suiker tot romerig. Klits die eiers een vir een by.

Meng koffie en kookwater. Voeg koeksoda by.

Meng alles met koekmeel en knie liggies.

Gebruik vleismeule en gebruik die eerste sig-sag tandjies vir die koekie. Anders as jy nie ‘n meule het nie, rol die deeg uit en druk met ‘n koekie drukker, jy kan met ‘n vurk op die bo-kant van die koekie krap om dit daardie kenmerkende growwe tekstuur te gee. Bak 10 – 15 minute by 180 ˚ C.

Vulsel
30 ml kits koffie poeier in die kookwater
25 ml kookwater
250 ml witsuiker
100 ml botter of margarien
70 ml melk

Kook die suiker, melk, opgelosde koffie en botter saam vir 5 minute, suiker moet opgelos wees. Haal van hitte af en klop die vanielje geursel by.

Met ‘n houtlepel klop die mengsel tot koud en styf. Smeer die koekies met die vulsel en plak op mekaar.

HOEVEELHEID: Afhangende van lengte van koekie as die meuletjie gebruik word
30 – 40.

BRON: Annelien Pienaar, 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za