Hallo Twisters.

Vanuit die BKT kletskombuis gaan dinge sommer klopdisselboom. Julle het seker nou al gesien die BKT kookboek word op Loot aanlyn verkoop. Boeke gaan teen 18 Julie ook op die rakke beskikbaar wees. Verder sal ek julle ophoogte hou van die ander winkels bo en behalwe Exclusivebooks, Graffiti boeke, CNA wat die boek gaan aanhou. Die boek sal ook by die webtuiste onder die winkel afdeling te koop wees. Hier kan jy jou spesiale boodskap invul as ek moet teken. Posgeld sal gehef word vir versending. Verder gaan die buitelanders ook die boeke kan aankoop. Paypal en Payfast word tans in die webtuiste ingebou. Sodra dit aan die gang is, sal ek julle per nuusbrief inlig.

Die webtuiste gaan teen 1 Julie oorgaan na die subskripsie deel. Ek sal julle in hierdie verband lei en moenie bang wees vir die oorgangsfase nie, dit sal goed verloop. Die nuusbrief is en bly gratis, maar sal net 1 resep per maand bevat. Die resepte gedeelte en navrae gaan uitsluitlik beskikbaar wees vir intekenare. Julle weet van al my werk wat gesteel word en dit is die enigste manier om die probleme te bekamp.

Geniet jul naweek en hou asb. die nuus volgende week dop vir al die plekke in Suid-Afrika waar ek gaan kom kuier met die BKT kookboek en ook Suurdeeg klasse.

Kletskombuis groete A