Hierdie koekies is krakerig en karamelagtig met die klapper geur wat sagkens deur slaan. Die perfekte koekie om heel ongeskik te doop in jou koffie of tee, sonder dat dit afbreek en in val. Hande vol verdwyn gereeld uit die koekie blik!

250 g (1 k en 4 t) botter of bakkers margarien
300 g (1 ½ k) witsuiker
2 groot eiers
15 ml (1 e) melk
5 ml (1 t) karamel geursel
75 g (1 k) klapper
490 g (3 ½ k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout

Voorverhit oond na 180℃ en smeer ‘’n hele paar bakplate.

Klits die botter, suiker en eiers saam tot lig en donsig. Voeg die melk by en klits weer goed deur.

Sif die droë bestanddele saam en bou by die bottermengsel. Druk deeg liggies aanmekaar.

Hierdie deeg kan uitgerol word en vormpies gedruk word, dit kan ook in balletjies gerol word en met vurk plat gedruk word. Vir bolletjies stel ek voor 15 ml hopies is perfek en plaas 4 cm uitmekaar op bakplaat. Vir uitrol, rol deeg ongeveer 5mm dik uit en spasieer 2 cm uitmekaar op bakplaat.

Bak vir 8-10 minute in voor verhitte oond teen 180℃.

Lewer ongeveer: 100x15ml koekies
Bron: Annelien Pienaar, 2017