
Photographer Hanneri de Wet
My BKT Kombuis
Hallo Twister. Hierdie briefie is om dankie te sê dat jy gereeld die BKT resepte kom besoek, inloer op Bakkiesblad en selfs kom saam spog met BKT eindprodukte. Dit was ’n reis die afgelope 24 maande om die BKT konsep te loods en glo vir my, telkemale gevoel ek gooi handdoek in. Soos julle my reeds ken gee ek nie op nie en soek dan kreatiewe oplossings vir my probleme. Met die reis het mense oor my pad gekom wat vriendelike hande uitgereik het om my te help. Sandra Saayman is vir my goud werd op hierdie reis.
Ons span dinamika werk soos volg: My deel is die ontwikkel, toets, fotografering en skryf van nuwe resepte. Dit moet gelaai word op die web en dan gaan Sandra en lees deur die werk. Sodoende ken sy die resepte op die punte van haar vingers. As daar een persoon is wat ‘n resep kan opspoor, dan is dit Sandra. Sandra staan baie vir my in. Ek is ’n werkende persoon wat manlief moet help om die pot aan die kook te hou. Hierdie nuwe fase in my lewe wat ek betree met die uitleef en deel van my kennis met elkeen wat dit hul eie wil maak…is ‘n leerskool soos ek aangaan.
Ek hou van leer en nuwe konsepte te toets, daarom dat die blad net resepte wat ek getoets het gebruik. Wanneer daar dan ’n navraag inkom sal ek weet hoe om dit te hanteer en ook die haakplekkies vir jou help uitsorteer. Dit is die waarde wat ek tot elke resep toevoeg. Jy weet ek is daar en ek help. Ek hou van resepte en probeer graag my hand met iemand se werk, maar dit is nie lekker om ’n resep te gebruik waarvan die dele eintlik die steler is. Hul vertel nie alles wat jy moet weet en dan eindig jy met ’n probleem. Dus, op hierdie tuiste is dit my eie werk wat gebruik word, indien ek wel ’n buite bron se inligting deel word daardie persoon as bron vernoem asook foto’s wat nie my eie is word genotuleer.
Baie dankie dat jy elke dag op Faceboek en my webtuiste kom kuier, ek sien jou deelname en waardeer. Die nuusbrief sal nogsteeds gratis aan julle gestuur word. Die toegang tot die resepte op die BKT webtuiste en ook Bakkiesblad sal vanaf einde Junie vereis om ‘’n subskripsie te betaal. Ek het lank en hard gaan dink daaroor en my pensionarisse ook in gedagte te hou. Die betaal opsies sal ook vir julle teen daardie tyd beskikbaar wees. Die rede waarom ek dit doen? Nie om ryk te word nie, maar om my werk te beskerm. Teveel mense buite verkoop my werk as hul eie en jy het ook al gesien hoe ek die mense aanvat daaroor. Dus, het ek die minimum uitgewerk en die koste is ongeveer R6.25/week, R25/maand waarop dit neerkom. Ek het besluit om die koste minder te maak deur dan subskripsies van R150 vir 6 maande of R250 vir 12 maande op te stel om van te kies. Die 12 maande opsie beteken dat jy 2 maande se subskripsie gratis kry. Die kostes is direk gekoppel aan bekostigbaarheid vir die pensionarisse. Dink baie mooi, waar gaan jy ’n resepteboek kry vir R250 waarvan 1000 resepte getoets is? So, maak die somme en dink. Ek is klaar met buite mense wat my werk verkoop…nou kan ek en Sandra begin ons data rekeninge betaal en bestanddele verhaal. Ek sal graag jou kommentaar op hierdie koste strukture wil hoor. Enige insette sal welkom wees. Ons hardloop einde Junie met die nuwe deel.
Groete
Annelien
Liewe Annelien…met liefde betaal ek subskripsie gelde ek neem aan bankbesonderhede sal deurgegee word Baie geluk weereens met jou wonderlike boek.ek kannie wag om dit in my hande op te neem en met my oe die inhoud daarvan te verlustig nie.
Jul harde werk gaan nie ongesiens verby nie. Beste groete. Rna
Baie dankie Erna vir jou positiewe gesindheid en ook jou deelname aan die BKT blad. Mag jy nog vir lank die BkT kuierplekkie geniet. Groete Annelien Pienaar
Annelien ek dink dit is wonderlik dat julle nou ‘n fooi aan die resepte sit. Wys maar net elke keet mense heg meer waarde aan iets waarvoor hulle betaal. Ek persoonlik dink dit is goeie waarde wat ons vir ons geld gaan kry. Baie geluk met jou boek hoop dit verkoop soos soetkoek. Ek is seker daarvan! Sterkte met jou en Sandra se werk
Lekker naweek.
Dankie Janet. Dit is wonderlik dat die konsep so positief ondersteun word. Mag jy nog lank saam met BKT kuier en kook. Groete Annelien
Hi Annelien geen probleem met die kostes nie! My dogter is ook op d blad en elke nou en dan vra sy my vir n resep of raad. Ek sê elke keer sy moet op BKT kyk, maar dan doen ek dit in elk geval vir haar en tag haar net.:)n Mamma vir altyd nê !!
Dankie vir n heerlike blad!!
Ek sal nogal verkies om te betaal. Dit sal my groter vrymoedigheid gee om raad te vra. Enigeiemand wat kla moet na jou kwalifikasies gaan kyk. Du so voort xxx
Dis spotgoedkoop vir al die waarde wat ons kry!
Ek dink dat dit billik is en sal verseker betaal. Jou resepte is wonderlik en jou harde werk dra vrugte!
Baie dankie Annelien… ek sien uit na die pad voorentoe saam met jou… en Sandra ….Groete
Goeie More, Annelien
Baie dankie vir my nuusbrief. Ek wil net hoor, of daar ‘n PAY PAL betalingsopsie gaan wees vir ons ouens hier oor die water, wat nog steeds Boerekos kook. Dit is gewoonlik die maklikste en veiligste opsie vir internasionale betalings.
Baie dankie en ek hou die FB met ‘n uiloog dop, vir die nuwe resepteboek.
Lekker dag vir julle.
Groete hier uit Perth, Wes-Australie..
Alet de Bruin
Dankie vir die nuusbrief. Ek wil deel in die resepte en sal dus betaal. Sterkte met die boek!
Hallo Annelien ek het geen probleem om te betaal nie. Ek geniet jou resepte geweldig baie en al jou kennis wat jy net ons deel. Sien uit na jou boek!
Annelien en Sandra met groot liefde betaal ek, dankie vir jou opoffering . ekt baie geleer en leer nog steeds, di les met elke resep is a wenner. Ek is bly om a familie vn Boerekos te wees. Laat asb weet hoe ek my subskripsi kan betaal. Weereens danke Sandra en Annelien. Kan ni wag vir di boek nie. Lief julle !!!
Dankie vir die mooi boodskap. Groete Annelien
Dankie Dolsie
Dankie vir ‘n positiewe gesindheid. Annelien
Hallo Alet, daar gaan definitief vir julle ook ‘n opsie wees. Paypal reeds opgestel, nog net ‘n kwessie van tyd. Die boek sal ook so aangekoop kan word. Hou gerus die nuusbriewe dop. Groete Annelien
Baie dankie…ons kan nie wag om hierdie nuwe hoofstuk saam met julle te begin nie. Groete Annelien
Hallo Marliese, baie dankie vir die wonderlike boodskap en goeie gees. Groete Annelien
So ‘n bek kort jam…dankie vir die postiewe gees. Annelien
Dankie Susan, jy moet asb altyd die vrymoedigheid he om te vra. Groete Annelien
Dankie Janet vir die mooi boodskap. Alles gaan oor spanwerk en julle Twisters is die beste. Groete Annelien
Annelien, het glad nie n probleem om n subskribsie te betaal nie, want dan weet ek as ek n resep gaan gebruik, hy werk..het al telkemale resepte probeer, veral koekies, dan vlop hulle. Laat weet wat die bank besonderhede is
Annelien jou fb bladsy het my weer geinspireer om moeite te doen met kosmaak en bak – iets wat nog altyd vir my “joy” gebring het maar wat met n besige lewe eerste afgeskeep word. Ek dink my bure, vriende en familie wat almal deel in die eindresultate is nog dankbaarder as ek! Ek betaal met liefde – jy verdien om vergoed te word vir al die kennis en tyd wat jy met ons deel! Vergelyk die koste met n tydskrif prys elke maand en dan besef mens dit is n “bargain”! Sterkte met die pad vorentoe. Ancia
Annelien, ek betaal met liefde! Paypal is n gawe opsie vir my en ek borg baie graag sommer ook terselfdertyd n pensionaris vir n jaar!!
Die bietjie geld kan nie vergoed vir jou (en Sandra) se tyd, kennis en meelewendheid nie Bestanddele en data is so duur en dit moet betaal word sodat jou wonderlike werk kan aangaan. Baie dankie dat julle ons so slim maak en so help. Sterkte vir jou groot taak. Jy is vir ons so kosbaar en sonder Sandra kan jy nie aangaan nie.
Annemarie, baie dankie dat jy al van die begin saam Twist. Sonder Sandra is my hande af gekap. Groete Annelien
Dankie Santie, jy gaan een van ons Twisters sommer baie bly maak. Ek sal met jou kontak maak sodra die bal aan die rol is. Liefde Annelien
Hallo Ancia, wat ‘n mooi boodskap en baie dankie dat jy saam Twist. BKT groete Annelien
Roline, baie dankie vir die positiewe gesindheid. Waardeer opreg en onthou ek help altyd! BKT groete Annelien
Thelma, baie dankie en groete Annelien
Hallo Helen, sommer lekker om vir sulke positiewe mense te werk. BKT groete Annelien
Wonderlik dat families saam die waarde van BKT kan geniet…so leer ons ‘n nasie van goeie kos. Dankie vir die wonderlike deelname en nuus. BKT groete Annelien Pienaar
Ek sal dit met graagte betaal!! Jy gee sulke wonderlike wenke! Al jou resepte wat ek al probeer het is ñ wenner.Baie dankie daarvoor.En ek dink ons almal geniet jou stories, hou so aan!
Dankie vir al jou harde werk. Die jaar opsie klink reg vir my.
Hallo Annelien ek het ook geen probleem om te betaal nie. Die kennis, wenke, raad en die feit dat jy weet die resep gaan n sukses wees kan nie in rande en sente gemeet word nie. Dan het jou stories al soveel keer ook met n “les” en n lekker lag gekom. Baie dankie vir alles wat jy en Sandra vir ons beteken ons waardeer.
Lief Annelien.
soos voorheen genoem ondersteun ek hierdie gedagte om ‘n maandelikse fooi te verhaal met my hele hart. Mens moet na jouself ook kyk tov tyd, finansies, moeite en veral die deurgee van kennis met onskatbare waarde.
Die spreekwoord van “Charity begins at home” is verseker in hierdie geval baie relevant beide vir jou en Sandra.
liefdegroete
t Santa
Baie, baie dankie vir tannie se positiewe gesindheid. Word opreg waardeer. Liefde Annelien
Hallo Tokkie,
Baie dankie vir die wonderlike gesindheid met die BKT resepte. Hoop jy Twist vir lank nog saam. BKT groete Annelien
Hallo Joyce, baie dankie vir die wonderlike gesindheid en word opreg waardeer. BKT groete Annelien
Erika, dankie vir die wonderlike briefie. Dit sit wind onder my vlerke om julle nog meer te wil leer. BKT groete Annelien Pienaar
Dankie Annelien dit is baie billik betaal dit graag dankbaar vir die jaar opsie maak dit net soveel makliker as maandeliks. Jy dink ook aan alles en kosidereer elkeen . Gaan jy vir ons jou banlbessonderhede laat weet?
Baie dankie Annalien. Dit is bekostigbaar vir my en ek wil graag deel asb. So weet ek ek kan die stories en wenke en beproefde resepte nog lees. Ek is raadop met sommige se oeps resepte. Mooi aand vir jou en Sandra , mede twisters
Dankie Annelien vir harde werk en dat ons kan deel daarin. Hou ons asb op hoogte van betalings-proses.
Hallo Ina, julle sal met die weeklikse nuusbriewe wel die instruksies ontvang. So, moenie kommer ek gaan die oorgang so gemaklik moontlik maak. Groete Annelien
Dankie Amanda vir die boodskap en die positiewe gesindheid. Groete Annelien
Maritha, moenie kommer oor die betalings nou nie, solank julle net bewus is van die nuwe blaadjie. Dit gaan maklik wees en julle sal elk ‘n kode ontvang om toegang tot die resepte afdeling te bekom. Sodoende kan ons die skelms se aksies stuit om resepte te steel. Groete Annelien
Annelien, met graagte betaal ek die 12 maande subskripsie. Hoekom dit nie sommer 24 maande maak nie, dis net makliker. Ek sal ook met Paypal betaal, alternatiewelik kan jy miskien ”n opsie oorweeg van ‘n debietorder? Nietemin, ek betaal graag. En ek is baie opgewonde oor jou boek. Baie dankie vir jou wonderlike blad en epos wat ons ontvang. Jy is ‘n ster!!
Annelien, met graagte betaal ek die 12 maande subskripsie. Hoekom dit nie sommer 24 maande maak nie, dis net makliker. Ek sal ook met Paypal betaal, alternatiewelik kan jy miskien ”n opsie oorweeg van ‘n debietorder? Nietemin, ek betaal graag. En ek is baie opgewonde oor jou boek. Baie dankie vir jou wonderlike blad en epos wat ons ontvang.
Annelien, ek betaal met graagte. Waardeer jou moeite en tyd wat jy insit om raad te gee en jou resepte met ons te deel.
Sal met liefde betaal vir al die waardevolle inligting wat jy so mildelik met ons deel. Dit is verseker die beste Bakkiesblad wat ek op is. Jou staaltjies sit sommer dadelik ‘n glimlag op my gesig!
Dankie dat jy so heerlik saam Twist…mag ons nog vir jare SA aan die brand kook. Groete Annelien
Dankie vir die goeie gesindheid rakende BKT! Groete Annelien
Hallo Ina, sommer lekker as die BKT lede so positief is oor my werk. DAnkie Annelien
BKT was vir my so groot inspirasie, dit het veroorsaak dat ek nou vir my ‘n “special” oond gaan koop het om nou regtig meer “effort” in te sit met die bakery. Is moeg gesukkel met die oond en sy temperature wat so rondvoeter, was dit nie vir jou aanmoediging en hulp nie, het ek nooit so ver gekom om die groot stap te neem nie, want, jou resepte is floploos en nou is dit ‘n groot verslawing net om te kan bak. Dankie vir jou onselfsugtige diens, ten spyte van jou besige skedule om ons altyd uit te help waar jy kan. Baie dankie Annelien.
Sommer sulke wind onder die vlerke lekker kry as mens sulke boodskappe kry. Die feit dat jy die waarde van my werk sien en dit toepas. Mag jou nuwe oond vir jou nog ure se plesier verskaf en die kombuis jou gunsteling “me-time” wees. Groete Annelien
baie dankie dat ek mag deel in hierdie wonderlike idee van jou en vir my is dit ‘n baie bekostigbare diens wat jy lewer vir elkeen wat daarvan hou om te bak en brou Asb wanneer jy eendag tyd kry? …. ha ha ha …. moet jy beslis ‘n boek skryf. Ek en vele geniet jou fillistyne … Ons hou die emails dop om bank besonderhede te vind en te vereffen BAIE LIEFDE XXXX
Hallo Buksie, baie baie dankie vir die lekker briefie. Eendag sal ek wanneer die bene nie meer wil hol, die drade begin uitsorteer en skryf. Glo my, ek dink daar is nie genoeg papier vir die daaglikse dinge nie. Dankie dat jy altyd so positief saam Twist. Groete Annelien
Baie dankie vir jou unieke blad. Jy het bitter hard gewerk om te bereik. Ek gee ook nie om om die subsrkribsie te betaal nie. Ek is baie bly jy het nie handdoek ingegooi nie. Ek sê ook baie dankie vir die nuusbrief en resepte sover. Ek sien uit na jou resepteboek. . Groete Rista
Hallo Rista, dit is wonderlik om van jou te hoor. DAnkie vir die mooi briefie. BKT groete Annelien
As hierdie webtuiste ‘n dwelm was, was ek n verslaafde. Ek het net heeltemal te laat via Jolene van Deventer van hierdie wonderlike tydverdryf uigevind. Ek het veral waardering vir die kosbare wenke wat jy saam met die resepte uitdeel. Veral die melk wat verhit moet word voordat die asyn bygevoeg word om suurmelk te kry was vir my na vele jare van beskuitbak heeltemal nuut. Ek het verseker n nuwe mentor ontdek en sal probeer om niks op hierdie blad ooit te mis nie. Dis die lekkerste lekker om te sien watse resepte elke keer opduik. duisend dankies daarvoor.
Leoni, dankie aan Jolene vir haar wakker oog en haar leergierigheid. Sy is ‘n ster vriendin vir beide van ons. Hoop jy gaan nog vir lank saam Twist. Dankie vir die pragtige briefie. Groete Annelien
Liefste Annelien, vanoggend besing ek jou nie, maar jou menslewendheid, genade dat ek nou sulke hoë woorde gebruike, wat ek bedoel, die manier waarop jy ons hanteer, dit maak ons so deel, ok dis hoe ek daaroor voel jy en jou familie van geslagte ek voel ook deel daarvan en dis n warm gevoel! Dit is my verjaarsdag vandag, vir my soms bietjie hartseer, my tweelingbroer reeds oorlede, vanoggend dink ek, nou wat doen ek vandag, aaa kom ek kyk gou waarmee Annelien besig is, ek bak miskien nie so baie nie maar om resepte te lees is so lekker, Maandag begin ek met 28 dae eetplan en glo my hierdie lesery versadig my genoeg so geen gekroek, jou resepte help my, dis soos n storieboek ek kan nie genoeg kry nie, alle sukses en voirspoed vir jou en ons familie? Baie liefde! Marietjie Bam
Mag dit vir jou ‘n geseende nuwe lewensjaar wees. BKT liefde Annelien
Annelien,
Ek ken die harde werk wat in lekker eet ingaan. Niemand word geforseer om jou resepte te probeer en te maak nie. Hierdie prysverlaging in subskripsies, doen net nie reg aan die werk wat jy doen nie. Nee Sussa, jy gee mos gereeld gratis resepte? Verhoog eerder die subskribsies, sodat jy nie later moedeloos word en ons almal verlaat nie. Elke mens het die reg om sy brood en botter te verdien op die manier van sy keuse. Kook is ‘n harde ondankbare werk, en kry heeltemal te min erkenning. Moenie geboelie word om verniet te werk nie.
Weet net ons waardeer en erken jou harde, ondankbare werk!
Karien
Hallo Karien, dankie vir die mooi bemoedigende briefie. Ja, dit is hardwe werk maar gedoen uit absolute passie en liefde vir my werk. Min mense besef wat die werk behels. Ek voermoed ook jy is iewers op ‘n manier dalk betrokke by prosesse en vervaardiging en weet…dit is baie, baie harde werk vir min geld. Dus, ek neem jou brief ter harte. BKT liefde en groete Annelien
Ek is self n pensionaris maar ek betaal dit met liefde dit is jou kennis en is baie harde werk vir julle. Ek weet ook dan die resepte is getoets ek hoef nie geld te betaal vir produkte wat duur is om die resepte te toets nie. Baie dankie nogmaals vir julle harde werk. Groete Ricky
Dag Annelien. Ek het al heelwat vrae vir jou gevra en is baie dankbaar vir al jou antwoorde. Ek huiwer voor ek n vraag post, want ek hoop tog nie ek mors jou tyd met dalk n vraag wat ek eerder self op die web kon gaan soek het nie. Soos jy self elders gese het, die web ontplof van ongestaafde raad. Ek het weinig aanvoeling vir bak en vra eerder as om self te toets en n flop te maak. Veel baktyd het ek helaas nie, het 5 filistyne tussen 10 en byna 2. En geld dus ook nie😅 om te mors. Ek wil net se ek waardeer jou antwoorde vreeslik baie. En ek wonder of ek elke keer dankie moet se want dit vat tyd van jou om als te lees. Maar na elke antwoord is daar n dankie in my hart. Eks baie bly my skoonsus het my van jou vertel. Als in Afrikaans!! En grooooooot verskeidenheid resepte en verduidelikings en redes dikwels ook daarby! En vrae wat beantwoord word sover moontlik. Soveel dankies! Mag jy geseen word om hierdie passie van jou te bly doen en veel geluk en voldoening daaruit te kry. Daarshy af my hart. 😁
Elise, baie dankie vir jou ope brief en hoop jy sal vir jare nog heerlik saam Twist. Groete Annelien