
As jy bietjie meer kreatief wil wees met pasta dan is hierdie die resep vir jou. Ek leer jou om pasta te maak en daarna word dit gebak of gediepvet braai. Soveel keuses en soveel disse. Geniet die les.
350g Witbroodmeel
3 heel eiers
1 eiergeel
45ml water
Pasta roller of Koekroller
Sirkel drukker van ongeveer 10cm deursnit
Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en draai die lem totdat die deeg en bol vorm.
Haal deeg uit en knie vir 2 minute om gladde bal te vorm.
Rus deeg vir 30 minute.
Rol van pasta deeg. Maak seker dat jy te alle tye genoeg meel beskikbaar het om die deeg mee droog te hou. As die deeg te nat is sal dit in die roller vas steek.
Rol deeg met pasta roller tot op stelling 2. Rol deeg met koekroller tot ongeveer 3mm dik. Sprinkel met meel en hang op om te droog of kook dadelik in kokende gesoute, olie water.
Bron: Annelien Pienaar, Pasta klas 2015, klasse: boerekostwist@gmail.com
Hoeveelheid: 6 Porsies
Kan ek die witbroodmeel net so vervang met die glutenvrye meel asb?
Zurita, hierdie resep werk perfek met my Gluten vrye meel resep en ook ander Gluten vrye meel soorte. Loer net na die Glutenvrye meel resep se gom aanpassing vir elastisiteit as jy ander Gluten vrye meel produkte sou gebruik.
Groete
Annelien Pienaar