Die koek word tradisioneel met mielieblom gemaak sodat die gluteninhoud van die koek drasties verlaag. Die koek is kenmerkend klam en veerlig van tekstuur. Verder word die koekkrummel kleur aansienlik witter. Bak perfekte kolwyntjies en groot koeke. Vla vulsels, mousse, karamel en sjokolade sous en vele meer vind hul pad na hierdie perfekte koek.

Wenk om die koek na sjokolade kolwyntjies om te skakel: Vervang 60 g van die mielieblom met 60 g kakao. Sif die kakao by die koekmeel in. Vir Groot Sjokolade koek weergawe haal mielieblom totaal uit die resep en vervang die 60 g met koekmeel.

420 g (2 k) strooisuiker
230 g (1 k) botter of goeie kwaliteit bak margarien
120 g (1k) mielieblom vir kolwyntjies en as jy groot koeke bak moet die mielieblom halveer word en 60 koekmeel ekstra by die meel gevoeg word
250 ml (1 k) volroom melk
4 groot eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
280 g (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
Knippie sout

Voorverhit oond na 180 ℃ en smeer panne met koekepanne smeer op die webtuiste.

Verroom botter en strooisuiker tot lig en donsig. Ongeveer 5 minute. Klits die eiers by een vir een. Los die mielieblom in die helfte van die melk op en klits by die verroomde mengsel. Voeg die vanielje by en klits weer.

Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vou die meel om die beurt met melk by die eiermengsel in.

Groot koeke: Bak vir 45 – 60 minute tot gaar. Laat goed afkoel voordat jy versier. Op die blog is daar ’n rits versiersel resepte.

Kolwyntjies: Bak 20 – 25 min by 180 ℃.

Bron: Annelien Pienaar, (verwerking van moeder se resep). 2016,www.bosenbergguestfarm.co.za

Hoeveelheid: 2 x 23 cm koeke of 24 kolwyntjies