Hierdie resep was een van ons heel eerste resepte toe die Faceboek blad gestig was. Rista Greyvenstein het my herinner aan Sandra Saayman se wonderlike en vinnige Lemoenkoek resep wat in die mikrogolf gebak word, asook ‘n heerlike versiersel. Graag deel ons dit weer met die lede!
Resep
1 k Koekmeel
3 t Bakpoeier
2 t Lemoenskil, fyn gerasperde
knippie Sout
250 ml Strooisuiker
250 ml Lemoensap, vars uitgedruk
60 ml Olie
2 Eiers
Metode
1. Smeer mikrogolf tuitpan goed met margarien.
2. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
3. Klits strooisuiker, lou lemoensap, olie en eiers en goed saam.
4. Voeg meelmengsel by eiermengsel en meng.
5. Skep in voorbereide koekpan en kap koekpan so 2 keer op kas om lugblasies te breek.
6. Sit omgekeerde piering in mikrogolf, sit koekpan bo op neer en mikrogolf vir 7 minute by 100% krag. Laat ‘n rukkie afkoel voordat koek uitgekeer word.
Lemoen Botterversiersel
125 g Sagte botter
2 k Versiersuiker – gesif
45 ml Lemoensap (3 el) OF meer indien verkies
Gerasperde skil van 1 lemoen
Metode
1. Klits die botter in ’n elektriese menger tot liggeel en donsig.
2. Voeg versiersuiker by en meng goed, voeg lemoensap by todat jy tevrede is met die dikte van die versiersel.
3. Voeg die lemoenskil by en meng deur.
*Ek sny die koek middeldeur en smeer versiersel in die middel ook.
Indien jy in die oond wil bak: 170 C vir 45-60 minute.
Bron: Sandra Saayman, 2015, vir Boerekos met ‘n Twist