Hierdie resep is maklik en lewer ‘n hele paar klam en sagte blokkies. Vir hierdie resep is die smelt van die sjokolade die belangrikste aspek en dit is krities dat regte botter gebruik word. Rede: Die olie gehalte is hoog en die sjokolade sal nie skif en klonte vorm nie. . Geniet!
Resep
Koek
230 g Botter
120 g Donker sjokolade in splinters gekap
4 Eiers
10 ml Vanielje geursel
1 x 30 ml Rooi koskleursel (ek gebruik altyd crimson pienk, vir beste resultate)
420 g Strooisuiker
135 g Koekmeel
5ml Bakpoeier
Metode
1. Voer pan 35 x 25 cm uit met bakpapier en spuit goed.
2. Smelt sjokolade splinters, botter en suiker saam oor matige hitte.
3. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed tot gladde mengsel.
4. Gooi in pan, moet nog nie bak nie, maak nou eers die roomkaas bolaag
Roomkaas Bolaag
500 g Roomkaas
135 g Strooisuiker
2 Eiers
5 ml Vanielje geursel
Metode
1. Klits al die bestanddele saam tot goed gemeng.
2. Skep lepelsvol van die mengsel bo op koek beslag tot alles opgebruik is.
3. Meng ruweg met lepel se agterkant totdat dit soos marmer lyk.
4. Bak 35 – 40 minute by 170 ˚C of totdat die koek gestol het.
5. Laat goed afkoel vordat dit in blokke gesny word.
Bron: www.annelienpienaar.co.za