
Koek
3 Jumbo eiers
5 ml vanielje geursel
170 ml strooisuiker
105g (3/4k) koekmeel
½ t koeksoda en 1 t bakpoeier
15 ml kitskoffie korrels – of vervang koffie met 5 ml rum of brandewyn geursel of my gunsteling Amarula of room likeur van keuse.
50 ml kookwater
30 ml kakao
30 ml maizena (mielieblom)
Metode
1. Voorverhit oond tot 180 ˚C
2. Smeer ‘n 20 cm ronde koekpan goed.
3. Klits eier en vanielje geursel tot lig en donsig. Voeg die suiker eetlepel vir eetlepel by, klits weer deeglik na elke byvoeging tot weer romerig. Hou so aan totdat al die suiker ingewerk is.
4. Los die koffie korrels in 50 ml kookwater op.
5. Sif al die droë bestanddele saam.
6. Vou die droë bestanddele in by die eiermengsel.
7. Gooi beslag in die voorbereide koekpan en bak vir 35 minute.
8. Laat heeltemal afkoel voordat dit versier word.
9. Sny koek in 3 – 4 lae en doen die kinkel soos aangedui by die bolaag!
Bolaag
375 ml room
15 ml versiersuiker
30 ml Kahlua of koue sterk koffie
ekstra kakao poeier
*Kinkel
Maak 200 ml koffie aan soos jy dit sou drink, sonder melk en suiker.
Ek sprinkel dit dan die vorige dag op die koek lae aan beide kante.
En volg dan die metode soos gewoon.
*Kinkel
Vou ook pekans en karamel in die helfte van die room in wat die Kahlua in kry, hier kan
jy kreatief raak, ek het selfs fudge en nougat op ‘n keer in gevou.
Metode
1. Klits room styf en vou die versiersuiker in.
2. Verdeel die room in 2 bakkies.
3. Voud die kalua in by die een bakkie room en doen dan die kinkels as jy wil.
4. Smeer die Kahlua room oor die lae van die koek.
5. Die oorblywernde room word op die boonste laag van die koek gesmeer en met kakao, neute ens. afgerond.
www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar.
Ai maar die Chrisni is darem talentvol.
Lienie, sy is een van daardie vroue wat enige iets kan doen…van kos tot naaldwerk, verf en kuns…wonderlik om haar my vriendin te noem.
Lyk heerlik! Ek maak net seker, kom daar nie margarien of olie in die koek nie ?
Hallo Aletha. Nee hierdie koek kry geen vette in nie…dit is n tradisionele Chiffonkoek basis. Chiffon kooeke kry geen vette in nie. Groete Annelien Pienaar