Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Piekniek Naanbroodjies saam met Joe Foster

Table of Contents

Joe Foster was ‘n wonderlike gas op die Boerekos met ‘n Twist TV reeks. Een van ons land se talentvolle liedjie skrywers, musikante en sanger…’n ongelooflike rustige en skaam jong man wat reeds diepspore in die musiekbedryf trap. Dit was groot pret om voor die oond te staan en loer hoe die broodjies soos ballonne opblaas. Die broodjie is hol aan die binnekant en gaan heerlik saam met kerrievleis en ’n jogurtsousie. Indien jy versigtig is vir gis lees asb hierdie artikel in rooi gemerk om kennis op te bou en sien hoe maklik dit eintlik is. Hoe om gis te gebruik asook doserings en aanwendings: Gis toepassings

Naan deeg
280 g (2 k) koekmeel
5 ml (1 t) sout
5 ml (1 t) kitsgis
5 ml (1 t) fyngekapte knoffel
10 ml (2 t) heuning
100 ml (6 ½ e) lou water
60 ml (4 e) karringmelk
15 ml (1 e) olyfolie

Sif die koekmeel, sout en kitsgis saam. Meng die knoffel, heuning, lou water, karringmelk en olyfolie. Voeg die karringmelkmengsel by die meel en meng die deeg met die hand tot die deeg bymekaarkom. Laat rus vir 15 minute.

Knie die deeg vir 5 minute tot glad. Laat die deeg weer rus vir 35–60 minute totdat dit verdubbel het in volume. Voorverhit die oond tot 230 ºC en plaas omgekeerde bakplate in die oond.

Verdeel die deeg in 4 balletjies en hou bedek met kleefplastiek. Rol elke deegbal uit in ’n langwerpige vorm, sowat 6 mm dik. Hou die uitgerolde deeg bedek met kleefplastiek wat met olie gesmeer is. Begin met die deeg wat eerste uitgerol is en plaas dit in die oond op die warm bakplaat. Bak vir 5 minute totdat die deeg soos ’n ballon opblaas. Haal uit en herhaal met die ander deeg.

Voorverhit ’n swaarboompan en smeer elke broodjie met gesmelte botter. Braai die broodjies tot bruin aan albei kante. ’n Riffelpan se strepies lyk ook mooi op hierdie broodjies.

Sit warm of koud voor. Naanbroodtjies vries baie goed.

Variasie Voeg geroosterde vinkel- of komynsaad by die deeg.

Mosterd en Heuning hoender vulsel
4 e olyfolie
4 hoender fillette
4 e witsous bêre mengsel p.211 Boerekos met ‘n Twist kookboek
1 k water
3 e growwe Dijon mosterd
3 e heuning
Sout en peper na smaak

Braai hoender fillette in warm pan met olyfolie tot goed geseel, maar nie gaar. Voeg die res van die bestanddele by en kook vir 30 minute totdat die hoender sag is en die sous verdik het.

Salsa
3 tamaties fyn blokkies gesny
3 seldersy stingels, fyn gesny
1 ui, fyn gekap
1 t chillie vlokkies (opsioneel)
5 e asyn
2 e olyfolie
5 e Parmassaan gegeurde olyfolie p. 209 Boerekos met ‘n Twist die kookboek
Sout en peper na smaak

Meng al die bestanddele saam en bedien dadelik.

Sny die geroosterde Naan broodjies oop en vul met hoender en salsa mengsel.

Bron: Annelien Pienaar, 2018

Hoeveelheid: 4 porsies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (5)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!