Ingelegde vrugte is iets wat geen huis sonder kan wees. Dit is die langverwagte somer, en die natuur gee sy wonderlike geskenke. Hierdie vlesige, sappige, smaaklike en gesonde vruggie bottel perfek.
Het jy geweet dat Kersies verhoog hemoglobien en verhoog eetlus” ‘N afkooksel van die blare van die boom help met verkoues, brongitis, artritis, kardiovaskulêre siektes, versterk die immuunstelsel. Kersie gee nie net die vrugte – aktief gebruik en sy blare (vir die huis piekels, tee brou), takke, gom, sap.
Kersies is ‘n stoorkamer van voedingstowwe. Dit bevat fruktose, glukose, foliensuur, magnesium, kalium, organiese sure, Pektien, vitamien C, Vit B1. Met die verhoogde Magnesium en kalium verdryf dit tot slapeloosheid…
Inmaak van die kersies
1. Berei stroop eerste sodat dit gereed is en ook warm is vir die giet aksie.
2. Bottels moet gewas en dan in die oond gehou word teen 90C.
3. Alle kersies moet gespoel word. Stingels en pitte kan behoue bly, dit is persoonlike keuse. Indien die pitte en stingels behoue bly, moet elke vruggie met ‘n stop naald 5 x geprik word. Hierdie prikkies help dat die stroop in die vruggie kan intrek en maksimaal die vrug preserveer.
4. Die warmwater bad metode gaan gevolg word vir die inlê van die kersies en dus moet ‘n kastrol met kokende water ook tegelyke tyd met die stroop berei word. Die kookwater moet oor die proppe van die bottels gaan. Hou dus die ketel met kookwater ook op bystand. Die pot moet onder op die bodem met ‘n vadoek uit gevoer word sodat die bottels as dit kook nie bars.
5. Vruggies moet liggies maar tog ferm pas in die bottels. Oppas vir te los pak want dan styg die vruggies op. Jy sal wel ‘n gevoel ontwikkel vir hoe om bottels te vul. Onthou die koue vruggies gaan in die warm bottels, die warm bottels word gevul met die kokende stroop. Dan word die proppe op ‘n spesiale manier toegedraai. Hierdie is oefen en ek hoop ek maak nou sin.
6. Draai die prop op maar moenie die prop so draai dat hy styf passend is. Jy moet basies met drie vingers die prop op draai totdat dit vat en liggies een draai gee. As jy die bottel styf toe draai sal die inhoud van die bottel uit forseer word en water van buite insuig. Dit sal voedsel bederf aanhelp. Dus, die liggies styf draai sal toelaat dat suurstof uit die bottel forseer word.
7. Sodra die bottels klaar gekook het in die waterbad, haal die bottels dadelik uit en draai dan styf vas. Draai op koppe en los om so af te koel. Onthou te lang water bad sal vruggies uitermate laat krimp en dan styg die vruggies op.
Hierdie resep gaan anders lees as alle ander resepte. So jy gaan so effens self jou eie formulasies moet doen afhangend van hoeveel kersies jy kry. Onthou ook asb, die ekstra stroop kan vir maande bevries word vir latere gebruik in ander geregte en ook strope.
200 g witsuiker (1k) tot 250 g water (1 k) plus 1 t suurlemoensap en 1 e alkolhol indien verkies. Ek voeg Kirschwasser of Vodka of Gin by.
Hierdie resep is genoeg vir 2 x 370 ml glas bottels (die heuning tippe bottels se grootte)
Plaas suiker, water en suurlemoensap in ‘n kastrol en verhit oor lae hitte en roer soos die suiker mengsel verhit. Die mengsel mag nie kook voordat al die kristalle nie opgelos het. Kook vir 5 minute.
Giet 1 e drank per gepakte bottel met kersies. Giet die kokende stroop oor. Draai die bottels toe en plaas in kastrol met kokende water. AS die bottels nie genoeg is en omval, neem nog bottels en vul aan met water en plaas in die kastrol. Kook dan die bottels vir presies 15 minute vir die 370 ml bottels of 20 min vir 750 ml bottels.
Haal dadelik uit die water bad, draai om en los om af te koel. MOENIE met lap afvee as dit warm is of op koue oppervlak laat afkoel, die bottels sal kraak en breek.
Bron: www.annelienpienaar.co.za, deur Annelien Pienaar, 2021
Hoeveelheid: na gelang van behoefte