Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Gekraakte Sjokolade koekies

Table of Contents

Hierdie is ‘n spoggerige koekie vir ‘n geskenkie om te gee en ook om voor te sit vir ’n spesiale gas. Die koekie is heerlik bros en deur drenk met sjokolade geure, probleem is ek kan nie myself in toom hou as dit so effens lou is…death by chocolate!

Een van die geheime van hierdie koekie is die feit dat dit eers verkoel moet word voordat dit gebak word. Die ander geheim is die mengsel van mielieblom en versiersuiker waarin die koekie gerol word voordat dit bak. Moenie in die versoeking kom om net versiersuiker te gebruik nie…die koekie deeg se bestanddele sal die suiker oplos en die wit van die versiersuiker verdwyn tydens die bakproses.

130 g (1 k) versiersuiker
120 g (1 k) mielieblom
200 g donker sjokolade
115 g (½ k) botter of bak margarien
115 g (½ k) strooisuiker
3 ekstra large eiers
5 ml vanieljegeursel
280 g (2 k) koekmeel
25 g (¼ k) kakao
5 ml (1 t) bakpoeier
Knippie sout

Sif versiersuiker en mielieblom saam twee maal in ‘n diep bak en plaas eenkant.

Smelt sjokolade en botter in dubbelkoker oor lae hitte en roer gereeld totdat die mengsel gesmelt is. Verwyder van hitte. (Onthou die water onder in die kastrol wat as dubbelkoker gebruik word mag nie die bak wat in die kastrol hang raak nie. Die water mag ook nie borrelend kook nie, want as daar net een klein druppeltjie water in die sjokolade land, skif die mengsel en word een bol. Die proses kan nie omgekeer word nie.)

Roer die strooisuiker by die sjokolade mengsel in en hou aan roer totdat die suiker gesmelt het. Voeg die eiers een vir een by en klits deeglik na elke byvoeging. Voeg die vanieljegeursel by en meng weer goed deur.

Sif koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam. Vou by die sjokolade mengsel in en meng goed. Plaas deeg in ‘n sakkie en druk die deeg plat. Plaas die deeg in yskas om te verkoel vir 30 minute. Moenie in ‘n bol hou nie want die deeg verkoel nie eweredig nie, die “core” sal warm wees en buite koud.

Voorverhit oond na 160 ℃ en berei bakplate voor met Koekpan smeer op p. 12 in die Boerekos met ‘n Twist kookboek. Haal die mengsel uit die yskas en skep 5 ml tot 10 ml hopies uit en rol in balletjies. (Indien jy warm hande het, hou ’n bak met yswater eenkant om jou hande koud te maak). Plaas die gerolde balletjies in die versiersuiker mengsel en skud goed om die balletjies te bedek. Ek sit so 5 op ‘n keer in die bak. Plaas versigtig op bakplaat ongeveer 4cm uitmekaar. Die koekies sprei as dit bak.

Bak vir 10-15 minute totdat die koekies redelik hard en ferm is.

Lekkerste koekies ooit!

Bron: Annelien Pienaar, 2016, Bos en Berg gasteplaas.
Hoeveelheid: 50

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (6)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

14 Replies to “Gekraakte Sjokolade koekies”

  1. Annatjie Mc Callum

    Baie danqi vr die resep. Gaan hom verseker probeer!

  2. Annelien

    Annatjie, groot plesier en geniet. Groete Annelien

  3. Sydonia Saptoe

    Klink na n wenner nes al jou ander resepte! Gaan dit somr more bak. Baie dankies Annelien! Jy is n ster 🎇

  4. Annelien

    Baie baie dankie vir die mooi kommentaar. Vir julle Twisters sal ek my vingers deur bak. Groete Annelien Pienaar.

  5. Elsabe de Bruyn

    Annelien – ek verstaan hierdie deel van die instruksie nie lekker nie: Plaas houer net so in die yskas vir 30 minute om te verkoel, sprei die mengsel oop om eweredig koud te word.

    Moet die deeg oopgsprei word of nie – want die 2 instruksies spreek mekaar tee?

  6. Annelien

    Vir beslag om eweredig af te koel…druk dit teen die kante van die bak plat sodat dit ‘n eweredige lagie vorm of jy kan dit in ‘n sakkie sit om plat te druk. ‘n Bol deeg neem langer sodat die core temperature kan afkoel. Dus voordat jy die houer in die yskas plaas, sprei die mengsel oop…dit is net ‘n wenk. Groete en ek sal rephrase. Annelien Pienaar

  7. Elise Bijker

    Dis darem sooooo handig dat u die koppies en gramme beide gee!

  8. Annelien

    Dankie en geniet die lekker bak. Groete Annelien

  9. Elise Bijker

    Ek het dit nou al 2 keer gebak. Eerste keer met bakbotter van 80% vet en tweede keer met egte botter en perongeluk melk sjokolade reep ingegooi met my 2de poging. Beide kere was die deeg baie Styf as dit uit die yskas kom. Tweede keer maar eers buite die yskas laat sag word. Toe sprei die koekie meer maar nog nie soos die prentjie nie. Bly n bolletjie en is sag maar Baie lekker. Op my kinders se versoek het ons dit weer gemaak. Eks nie n goeie bakker nie, nie besonderse aanvoeling nie, maar die wil vir probeer en leer het ek baie van.

  10. Annelien

    Hallo Elise, skakel asb by my Faceboek groep Boerekos met ‘n Twist aan. Elke dag hanteer ek navrae en daar het ek al aangedui dat die resep as dit te droog is so 3 e water by te voeg. Rede hoekom die koekie so sensitief is” meel soort en dan ook hoogte bo seespieel. Ek ontwikkel hier bo in die Transvaal my resepte en ek weet onder in die Kaap benodig dit meer vog. Hoop die volgede sarsie is perfek. Groe
    te Annelien

  11. Liezl Engelbrecht

    Hi Annelien. Hoop dit gaan goed! Ek wil graag by jou raad vra – ek het vandag die pragtige koekie aangedurf, en hoewel hy ongelooflik smaak het hy nie so mooi bo op gekraak soos joune nie. Die koekies het ook baie min versprei, en was eers na 20min ferm. Ek het met eksterne termometer my oond gemeet en die temperature het ooreengestem. Ons is van die Noord- Kaap. Is daar dalk enige aanpassings wat ek moet maak mbt seespieel of is daar êrens fout met my proses? Ek het alles noukeurig afgemeet. Ek het dadelik verlief geraak op die koekie toe ek die foto sien en myself uitgedaag om dit na te maak. Ek wil dit graag weer aanpak as jy dalk vir my enige wenke het. Baie dankie en groete!

  12. Liezl Engelbrecht

    Hi Annelien. Hoop dit gaan goed! Ek wil graag by jou raad vra – ek het vandag die pragtige koekie aangedurf, en hoewel hy ongelooflik smaak het hy nie so mooi bo op gekraak soos joune nie. Die koekies het ook baie min versprei, en was eers na 20min ferm. Ek het met eksterne termometer my oond gemeet en die temperature het ooreengestem. Ons is van die Noord- Kaap. Is daar dalk enige aanpassings wat ek moet maak mbt seespieel of is daar êrens fout met my proses? Ek het alles noukeurig afgemeet. Ek het dadelik verlief geraak op die koekie toe ek die foto sien en myself uitgedaag om dit na te maak. Ek wil dit graag weer aanpak as jy dalk vir my enige wenke het. Baie dankie en groete!

  13. Annelien

    Liezl,

    Ek dink doen asb met 3 e melk ‘n aanpassing. Meel kan dors wees na gelang van seisoen en ook handelsmerk. Die koekies sal mooi platter gaan en goed kraak.

    Groete

    Annelien

  14. Annelien

    Hallo Liezl, ek het gaan loer na die resep en ek wil aandui en ook beklemtoon dat jy die Eier omskakeling en vervanings artikel gaan lees. Maak seker jy weeg eiers om te weet jy gebruik inderdaad ekstra large eiers. Te min vog kan probleme gee. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!