Chili olie is ‘n geurige element wat ek gebruik om nie net kos in te braai, maar eerder om na die tyd oor te sprinkel vir ekstra geur en smaak sensasie. Gebruik as marinade, slaaisous, geur van pasta en rys en vele meer. Ek bak ook baie maal my soutkoekie resepte met so ‘n teelepel van hierdie fantastiese olie. Daar is geen beperking op wat jy met hierdie resep kan maak.
Nota: Jy kan met enige soort rissie werk om self die geur en brand sterkte te bepaal.
Bestanddele vir Chili olie
- 320 g (1 ¼ k) sonneblom olie
- 1 groot prui (shallot), wit gedeelte so 10 cm lank
- 15 ml (1 e) vars gerasperde gemmer
- 15 ml (1 e) knoffel, vars
- 2 loerier blare
- 1 ster anys peul
- 1 kaneel stokkie
- 2 knippies gerookte paprika poeier
- ½ k gedroogde chili vlokkies
- 4 knippies sout
Metode vir Chili olie
- Braai die ui, gemmer, knoffel, anys, loerier, kaneel en paprika saam vir 5 minute met bietjie olie.
- Meng laaste die res van die bestanddele by die gebraaide uie en verwyder van die stoof. Sodra afgekoel giet in ‘n gesteriliseerde fles.
- Stoor in die yskas en gebruik soos nodig vir 12 maande.
Wenk: hierdie resep vergroot met gemak na enige hoeveelheid.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2025
Hoeveelheid: ongeveer 350 ml

